Sirkel: Paarl
Tak: Slot van die Paarl
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Annalise Loubser
Datum: 6 Junie 2023
Kleurvolle naaldwerk- en breiwerkuitstalling deur Salome du Toit versier die saal
Fokus op die positiewe dele van jou liggaam aldus Juanri du Toit, persoonlike voorkomskonsultant. Sê vir mekaar hoe beeldskoon jy is, want dit bou selfvertroue. Finansies, figuur, beroep en gewig bepaal baie keer jou stylpersoonlikheid en dit moenie so wees nie. Indien jy weet wat jou stylpersoonlikheid is, kan jy die regte aankope doen, gelukkig voel in jou klere en jou nie steur aan wat ander dink nie.
Marietjie Lombard, Nettie Marais, Juanri du Toit en Annalise Loubser
Daar is 5 verskillende stylpersoonlikhede nl.
1. Natuurlike styl – Gemaklik, wil nie baie aandag trek nie, dra natuurlike kleure van natuurlike lap, dra nie baie byeenkomstighede nie, eenvoudige plat skoene, easy wash+go haarstyl.
2. Klassieke styl – Teenoorgesteld van nr 1 en dra meer kleure, dra nie sweetpak in ‘n winkel nie, getaileerde klere, meng en pas, nie impulsiewe koper nie, minimalistiese styl, hare is altyd netjies en gaan baie haarkapper toe.
3. Romantiese styl – Lief vir vroulike kantjies, valle, frille, detail in hare, dra graag rokke in sagte lap, lief vir antieke bykomstighede, sag vloeibare hare, nie sommer hare kort knip nie.
4. Dramatiese styl – Interessante lyne, volg graag die mode, helder kleure bymekaar, dierpatrone, groot handsakke, paar ringe, bonkige skoene, hare helder gekleur.
5. Kreatiewe styl – Kan nie in boxie geplaas word nie, baie kreatief, beroepe soos fotograwe en kunstenaars, buitengewoon, interessante drukpatrone bymekaar, bui is bepalend, maak self klere en bykomsighede, koop graag by 2de handse winkels, dra graag iets uit ouma se kas, baie boheems, grimering baie dramaties of plein.
Elke persoon het ‘n dominerende stylpersoonlikheid plus nog een.
Uitstallings van naaldwerk, naaldwerkboeke en 50 Moeder Theresa-truitjies wat die taklede gebrei het.
Leave A Comment