Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Studierigting: Kuns & Handvlyt

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum: 02 Junie 2023

Shabby Chic: Jou Herinnerings

Tydens nog ‘n suksesvolle werksessie, het lede van Voëlvlei-, Blanco- en Sedgefield Takke lekker saam met die Klein-Brakkers gespeel. Hierdie keer het almal onder Lynette Nel se leiding meer van die Shabby Chic: Herinnerings boek geleer. Hierdie projek is deel van die kompetisie items vir 2024.

Dames wat werkwinkel bygewoon het:

Lynette Nel – aanbieder

Klein-Brakrivier: Cecilia Pieterse,Christene Marais, Delise Erasmus, Gerda Sieberts, Meisie Pretorius, Petro Venter, Ria van Straaten, Susan Ann Chatterton, Susanne le Roux en Suzette O’Kelly.

Voëlvlei: Hannetjie Cordier

Blanco: Marietjie Schaaf

Sedgefield: Miemie v.d. Westhuizen, Karen Nell

Shabby Chic: Herinneringsboek

  • Aangename herinneringe in boekvorm van enige tekstiel gemaak.
  • Die Shabby Chic -metode maak dit interessant.
  • Gebruik materiale wat oud en gebruik is.
  • Kan een tema dwarsdeur boek hê, of elke bladsy ander tema.
  • Enige versierings wat by tema pas is toelaatbaar.
  • Voeg bladsye op enige manier saam.
  • Gebruik vasmaakmiddel as boekie gaap.
  • Moenie stik- en handwerk afskeep nie.
  • Vertonerskaart aan binnekant agter in boek aan 30 cm toutjie met koperspeldjie vas.
  • Grootte: A5, ses (6) bladsye, rug aan rug.
  • Bied aan in plastieksakkie of geskikte boksie met foto van artikel.

   

Miemie vd Westhuizen van Sedgefield                           Hou jou gereedskap gereed

   

Christene Marais en Delise Erasmus diep denkend   Lynette Nel – aanbieder van die kreatiewe oggend

   

Suzette O’Kelly en Gerda Sieberts het lekker saamgespeel. Joey Gous en Susanne le Roux deel ’n oomblik

Dames is doenig

   

Joe-Marie Kotze en Cecilia Pieterse gee mekaar raad.  Susanne gee Joe-Marie Kotze en Cecilia Pieterse wenke

Lekker eetgoed

   

Shabby chic voorbeelde