Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Studierigting: Openbare Sake
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 30 Mei 2023
Dinsdag 30 Mei was die tak se Openbare Sake byeenkoms onder leiding van Sameroeper Denise Taljaard. Die ervare en bekwame gasspreker Kobus Kuyler, is ondervoorsitter van die Groot-Brakrivier Gemeenskap Polisiëring-forum (hy was ook in die speurdiens en 26 jaar deel van die Suid-Afrikaanse Polisie) en het oor persoonlike veiligheid gesels. Kobus het ondermeer gewaarsku teen handsakke wat oop en bloot is tydens inkopies; kos verskaf vanaf jou huis, selfoon sekuriteit en aanbeveel dat ons persies weet wie by ons werk, en hoe om hulle te identifiseer. Hy het ook weer beklemtoon as iets klink of dit te goed is om waar te wees, is dit heel waarskynlik nie waar nie. Hy het na werklike gebeure waarby hy betrokke was verwys, veral waar mense ongelooflike bedrae geld kan wen.
Die Voorsitter het almal teenwoordig, op ‘n praktiese manier meer oor selfoon-bestuur geleer.
Die tak het vir die eerste keer ‘n ‘skatkis’-tafel gehad (so ‘n mengsel van mark-, wit olifant- en snuisterye tafel). Dit was besonders geslaagd en het tak-fondse ‘n goeie hupstoot gegee. Soos altyd was die saal, met tema ‘blare en karre’ uitmuntend versier, en die gasvroue (Martie Wenzel, Ria van Straaten, Denise Taljaard – Sameroeper , Elrina van Zyl, Hester Krige, Aritha Matthews en Helen le Roux), het almal bederf met lekkernye uit die boonste rakke.
Inligtingstuk oor persoonlike veiligheid Belangrike nommers vir OTM probleme
(Links)Leola wen koek-lootjie en Joey is die gelukkige wenner van die kweper-lootjie.
(Regs)Delise wen die kar-was lootjie
Gepaste tema vir Openbare Sake – Blare en karre Daar was ‘n uitstalling van die lede se pragtige proteas
Cecilia, Lucia en Meisie geniet die oggend
Kobus Kuyler met sy geliefde hond
In afwagting vir die Skatkis-tafel om oop te maak
Die gasvroue (Martie Wenzel, Ria van Straaten, Denise Taljaard – Sameroeper , Elrina van Zyl, Hester Krige, Aritha Matthews, Helen le Roux), het almal bederf met lekkernye uit die boonste rakke.
Tafels kreun met lekkernye
Susanne en Suzette saam met Kobus Kuyler
Dit was n heerlike byeenkoms, en die eetgoed soos altyd, uit die boonste rakke.
Ek is baie gelukkig met my aankope van die skat-kis tafel. Ek hoop daar gaan volgende maand weer soveel verrassings wees om uit te kies.
Baie geluk met n suksesvolle aanbieding, Denise, Martie, Ria, Elrina, Hester, Helen en Aritha.
Julle is gasvroue duisend.,
Dit was ‘n baie interesante spreker en die saal was so mooi versier. Die eetgoed was uit die boonste rakke. Die gasvroue het baie hard gewerk.