Sirkel: Paarl

Tak: Paarl Aand

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer: Una Engelbrecht

Datum: 18 Mei 2023

 

Naki Jansen van Rensburg van die Paarl is ‘n kreatiewe vrou wat versot is op lappe. Sy noem haar besigheid Timeless Innovative Creativity. Sy was nog altyd lief daarvoor om iets nuuts uit gebruikte artikels te skep en koop ou denims van bv. tweedehandse klerewinkels op en herskep hulle in nuwe gebruiksartikels. So maak sy die mooiste rompe, voorskote, pennesakkies, handsakke, kaartjies ens. Sy gebruik ook ou mansdasse, borduur- en appliekwerk en ander materiaal om haar produkte te versier en te komplimenteer.

Amanda Kapp, Naki Jansen van Rensburg (spreker), Martell Swart (saamroeper), Tersia Pretorius

 Naki Jansen van Rensburg aan die woord en demonstreer met lap

‘n Ou denim raak ‘n splinternuwe voorskoot Foto: Facebook

Verslete denims word verwerk en opgedollie om mooi voorskote te maak Foto: Facebook

 

 

 

Denims omskep in potloodsakkies Foto: Facebook