Sirkel: SWD
Studierigting: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 29 Mei 2023
“Bou Die Land” – Minister van Landbou aan die woord
Van die Sirkel SWD bestuurspanlede saam met taklede (verteenwoordigend van Voëlvlei, Klein-Brakrivier, Stilbaai, Sedgefield, George, Blanco, Calitzdorp), asook boere-organisasie en plaaslike inwoners, het Dr Ivan Meyer se praatjie in Groot-Brakrivier bygewoon. Dr Meyer, die Wes-Kaapse Minister van Landbou het geen doekies omgedraai oor die negatiewe stand van die land in die breë nie. Nietemin kon hy soos altyd, positiewe terugvoer oor relevante landbou-kwessies in die Wes-Kaap verskaf.
Die minister is voorgestel deur die Mosselbaai Burgemeester, agbare Dirk Kotzé, ds. Danie Goosen het geopen met Skriflesing en gebed en die geleentheid is georganiseer deur Raadslid Annie Janse van Rensburg in samewerking met dames van NG Kerk Groot-Brakrivier en administratiewe ondersteuning van Klein-Brakrivier-tak se Voorsitterspan, Lydie Terblanche en Lynette Nel. Handgemaakte proteas op die verhoog is verskaf deur Klein-Brakrivier taklede.
VLV-lede teenwoordig:
SWD Sirkelbestuur:Elize Locke(SWD President),Sandra Nolte (SWD Sekretaris)
Stilbaai: Carol Scott(SWD Tesourier)
Klein-Brakrivier:Lydie Terblanche (SWD Landbou-sameroeper); Lynette Nel, Joey Gouws, Ria van Straaten en Susanne le Roux
Sedgefield: Hendrien Fourie, Miemie v/d Westhuizen, Anna Herbst, Karin Nell
Voëlvlei: Louisa Smit, Anna-Marie v.d. Merwe, Hannetjie Cordier
George: Amelia Henning, Elize Herbst,
Blanco:Hannetjie Langenhoven, Poppie Odendaal
Calitzdorp:Gina Jordaan
Dr Ivan Meyer Meyer, Wes-Kaapse Minister van Landbou; ds. Danie Goosen, NG Kerk Groot-Brakrivier; Mosselbaai Burgemeester, agbare Dirk Kotzé; Raadslid Annie Janse van Rensburg.
Dames van NG Kerk Groot-Brakrivier het eetgoed, en Klein-Brakrivier taklede het blomme verskaf.
Wat n insiggewende oggend…,!
Dr Ivan Meyer, Minister van Landbou – Wes-Kaap, het verseker vir ons n boodskap van hoop gebring..
Mosselbaai is n baie belangrike streek, en die landbou sektor is een van die heel kragtigste sektore.
Dr Meyer het genoem dat daar oa. in 2022, 167 000 werksgeleenthede in die Wes-Kaap geskep was. Dit is ongelooflike nuus!
Hy het 3 kern prioriteite uitgelig 1.) Ekonomiese groei 2.) Veiligheid van die inwoners 3.) Welsyn van die mense en omgewing
Dr Meyer is baie trots op die vennootskap in Mosselbaai omgewing tussen die VLV, plaaslike munisipaliteit, geestelike leiers, verskillende rolspelers, die boere, boerevereeniging en die hele gemeenskap..
Ek is dankbaar om in hierdie deel van ons land te kan woon, en die klein verskil wat ons VLV-tak, in die lewens van die behoeftiges in ons omgewing maak..