Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum: 27 Mei 2023

 

Klein-Brakrivier-taklede deel van Hekel safari-maraton

Klein-Brakrivier taklede, Joey Gouws, Susánne le Roux, Lynette Nel en Denise Taljaard was deel van die Nasionale Hekel Maraton. Al 21 stoele in die lokaal was deur deelnemers beset. Die  Hekel Safari Maraton by Seefront Hartenbos het 12.00 op 26 Mei begin en 18.00 op 27 Mei geëindig. Teen 01.30 die oggend van die 27ste het deelnemers die vorige rekord vir blokkies (27 800) geëwenaar.  Teen afsnytyd, na 30 ure se werk, is ‘n nuwe rekord van 70805 blokkies gehekel. Getalle het steeds ingestroom.