Sirkel: NOK
Tak: Dordrecht
Studierigting: Openbare Sake & Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Antoinette van Pletzen
Datum: 24 Mei 2023
Ninke Venter is Dordrecht-tak se saamroeper van Openbare Sake en het gereël dat die lede in die plaaslike Versorgingshuis, Nerinahof, vergader. Sy het veral vir Tannie Effie Jonker verwelkom, wat ‘n inwoner by Nerinahof is en jare lank ‘n baie getroue VLV-lid was. Sy speel daarna ‘n klankopname van ‘n gewese hoofdogter van Oranje Meisieskool in Bloemfontein, oor “Lig jou ken, en ken jou Lig!”. Dit maak nie saak hoeveel keer jy val nie, maar hoeveel keer jy opstaan. Jer.31:3 – As jy geval het, is jy klaar op jou knieë!
Ninke deel die beskikbare geskiedenis van Nerinahof, wat vanjaar 50 jaar oud is en die komende naweek met ‘n groot Kermis feesvier. Sy vra ook enige inligting wat enigiemand kan byvoeg, aangesien die notuleboeke vermis word. Nerinahof is o.a. deur die ACVV gestig as tehuis vir verswaktes, gestremdes en bejaardes, en is vernoem na die pienk Nerina-blom wat slegs in die area voorkom. Die gebou was voorheen ‘n skoolkoshuis en van die huidige inwoners het as kind hier gebly. Die gemeenskap het gehelp met o.a. meubels en kos. Tans is daar 39 inwoners, 21 permanente personeel en 2 vrywilligers. Tans is daar ook 2 VLV-lede op die Beheerraad. Tannie Effie het op 22 Mei verjaar (91 jr) en ons sing haar toe.
Antoinette van Pletzen het ‘n paar wenke oor die laai van ‘n selfoon gedeel. Moenie oornag laai nie (dit óórlaai die battery), Moenie vreemde kabels gebruik nie (dit verander die stroomsterkte, wat oorverhitting & brand kan veroorsaak), Verwyder die foonkassie/cover terwyl dit laai, sodat die hitte kan uitvloei. Kleur kan praat. Trek helder kleure soos rooi aan as jy iemand moet ontmoet en wil uitstaan, maar vermy dit as jy bv vinnig deur doeane wil gaan en nie wil uitstaan nie.
Ter afsluiting het die inwoners van Nerinahof verversings saam met die lede geniet.
Ninke Venter het die dag se program gereël
Die heeeeeeerlike verversings!
Die VLV-lede en Nerinahof se inwoners kuier lekker saam
Leave A Comment