Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Portefeulje: Kuns & Handvlyt
Verslaggewer: Lydie Terblanche
Datum: 24 Mei 2023
Ontdek weer jou liefde vir boeke.
So rondom ‘n tafel, met stapels boeke, koffie aan die kant, tert in die hand, knie-kombersies, en blomme as sintuiglike bydrae, het lede van Klein-Brakrivier, George, Voëlvlei en Hartenbos ‘n kreatiewe boekbespreking werkwinkel bygewoon. Dié geleentheid is deur Klein-Brakrivier tak georganiseer, en aangebied deur Lydie Terblanche.
Teenwoordig:Besie Craggs, Klein-Brakrivier; Dawn Greyling, Klein-Brakrivier; Gerda Sieberts, Klein-Brakrivier; Hannetjie Cordier, Voëlvlei; Ilzé Visagie, Hartenbos; Leola Esterhuizen, Klein-Brakrivier; Lydie Terblanche, Klein-Brakrivier – Aanbieder; Lynette Nel, Klein-Brakrivier; Maretha v/d Westhuizen, George; Susánne le Roux, Klein-Brakrivier
BOEKBESPREKING: EK WENS, EK WENS – ZIRK VAN DEN BERG
Op 18 skyf Zirk sy eerste verhaal vir Huisgenoot. Hy het ook onder meer literêre fiksie geskryf, was ‘n misdaadverslaggewer, ‘n joernalis van die kunste by die Burger, Sub-redakteur by die Beeld en kopieskrywer vir advertensies. Hierdie boek, Ek Wens, Ek Wens, is ook verwerk as een-man verhoogstuk deur Frank Opperman, en opgevoer by die KKNK.
Publikasies
1989 – Ekstra dun vir meer gevoel
1992 – Wydsbeen
2004 – Nobody Dies (in Nieu-Seeland)
2013 – ‘n Ander mens (vertaling in Afrikaans van Nobody Dies)
2014 – Halfpad een ding (ook in Engels as Half of one thing)
2018 – Die vertes in (ook in Engels as Parts unknown)
2019 – Ek wens, ek wens
2020 – Tweegevreet
2020 – I Wish, I Wish (in Nieu-Seeland)
2021 – Een of ander held
2022 – Die onsigbare pou
2023 – Geheim van die gruwelsand
Vertalings
2015 – Donderslag – Wilbur Smith
2016 – AB, die outobiografie – A.B. de Villiers
2017 – Wildernis – Wilbur Smith
2017 – Goudmyn – Wilbur Smith
2019 – Doodsbleek – Philip Kerr
2019 – Doodslied vir Duitsland – Philip Kerr
Toekennings
W.A. Hofmeyr-prys 2020 vir Ek wens, ek wens
kykNET-Rapportprys vir fiksie 2020 vir Ek wens, ek wens
kykNET-Rapportprys vir film 2020 vir Ek wens, ek wens
kykNET-Rapportprys vir film 2014 vir ‘n Ander mens
Klink baie interesant en dit lyk of almal dit geniet het.
Ek voel werklik gelukkig om deel te wees van die Klein Brakrivier tak. Die dames is ongelooflik aktief en kom elke week vorendag met nóg iets nuut om te leer. Die kreatiewe boekbespreking werkswinkel het my oë behoorlik óóp gemaak! Ek gaan nooit weer dieselfde na n boek kyk nie.