Tak: Sirkel NOK
Sirkeldag
Beriggewer: Antoinette van Pletzen
Datum: 20 Mei 2023
Die dag is deur Sterkstroom se VLV-tak aangebied en deur 30 persone van 7 verskillende dorpe bygewoon. Emma Pietersen van Sterkstroom het geopen n.a.v. Kol.3:23 & 25. Doen alles van harte soos vir God. Staan ons nog in diens van die Here, of verwag ons altyd iets terug? Dan open sy met ‘n gebed. Sirkelpresident Irma Davel het Sterkstroom bedank vir die venue en hul reëlings. Sy wens vir Blommesaamroeper Marie Pretorius van Molteno geluk met haar 81ste verjaardag oor 3 dae! Ook ander lede wat binnekort verjaar, is gelukgewens.
Megan Moorcroft van Sterkstroom is VLV-NOK se saamroeper vir Leefstyl en sy het die nuwe kompetisies (wat vir Maart 2024 se Konferensie gereed moet wees) behandel. Sy noem dat sy die NOK-kompetisies so goedkoop as moontlik probeer hou het: The new competitions are as follows: NOK-KNITTING – Adult Bedsock with matching hotwater Bottle Cover; NOK-CROCHET – Bought Cushion decorated with crochet motifs; NOK-MACHINEWORK – Ladies Pyjama Pants made from vintage bedsheets; NOK-FLOATING SECTION – Oven Glove + 2 Potholders from old Denim jeans; NOK-BOTTLING- Sweet mustard Pickles; NOK-BAKING – 2 mini Quiches; NOK-SWEETS – Breakfast Bar.
Asook VLVK se kompetisies (waarvan die wenners ná afloop van 2024 se Konferensie na VLV Kaapland se Kongres moet gaan): BORDUURWERK – Middellap: Saamtrek- en Rafelwerk; MASJIENWERK – Kreatiewe Sweetpak vir ‘n Kleuter; BREIWERK – Dames Oortrektrui; HEKELWERK – Melkbekerdoilie met ingehekelde krale; WEEFWERK – Sagte, snoesige Serp; WISSELAFDELING – Masjiengemaakte Bedoorgooi (Throw).
Landbou se Sirkelsaamroeper is Lenie Fourie van Dordrecht, wat die vlg. kompetisieartikels voorgeskryf het: TUINBOU – Die Geraamte van ‘n dier se kop met HELDER versiering (Skull). Dit kan met enigiets versier word, maar die fokuspunt is belangrik. HERWINNING – Versierde Koekblik, van enige grootte. Netheid is altyd baie belangrik. Wees prakties – die artikel moet bruikbaar wees en bly.
Marie Pretorius van Molteno het wenke gegee vir die Blommerangskikkings. BLOMME se tema is “Die wonder van Hout” en die TAFELRANGSKIKKING is Tee saam met my Vriendin.
Irma Davel van Molteno, maar van Sterkstroom-tak, is die Sirkelsaamroeper vir KUNSTE & HANDVLYT. Sy en 2 ander lede het wenke vir die vlg. kompetisies gegee: NOK-KAARTJIEKUNS – 2 Kaartjies met geparste Blomme; NOK-HANDVLYT – 3 Styrofoam Balle, verskillend versier; NOK-INKLEUR – Monokroom: skakerings van 1 kleur; NOK-VERF – 2 Versierde Planthouers. Asook VLVK se kompetisies vir die Kongres: BEELDENDE KUNS – Gemengde media: 3 Houthuisies; WOORDKUNS – Eenbedryf: Die vere maak die voël; FOTOGRAFIE – Begin van ‘n nuwe dag; HANDVLYT – Shabby Chic Herinneringsboek. VERF & INKLEUR deur Martie Basson van Sterkstroom aangebied. KAARTJIEKUNS deur Rosanne Alt van Queenstown aangebied.
Sirkelpresident, Irma Davel Martie se blompotte
Aanbieders van die Sirkeldag: Marie Pretorius – Blomme, Lenie Fourie – Landbou, Irma Davel – Kunste, Megan Moorcroft – Leefstyl se Naaldwerk en Gebak, Martie Basson – Verf en Inkleur en Rosanne Alt – Geparste Blom-kaartjies
Megan besig met haar aanbieding
Kopbene wat pragtig versier is
‘n Deel van die Groep wat die dag bygewoon het
Inkleurwenke
Leave A Comment