Sirkel: Cradock

Sirkeldag

Beriggewer: Theresa Opperman

Datum: 13 Mei 2023

30 VLV vroue het op ‘n ysige en nat Saterdagoggend 13 Mei, na Cradock gereis, waar daar ‘n Sirkeldag in die konferensielokaal by die Elizabeth Jordaan Tehuis aangebied is.

Een derde van Sirkel Cradock se lede het die geleentheid bygewoon en die lede is opgewonde oor die voorgeskrewe Kongres- en Konferensie-artikels wat by dié sirkeldag demonstreer is.

Verskeie lede het demonstrasies gelewer, wenke gedeel en vrae beant-woord.  Sirkelpresident, Isabel Wilken, het ook haar Leefstyl (Naaldwerk)-artikels demonstreer.

Afgevaardigdes vanaf Kookhuistak.

Hofmeyrtak was ook goed verteenwoordig.

Somerset-Oos tak se lede het in groepe saamgery.

 

Isabel Wilken (Sirkelpresident) het ‘n demonstrasie gelewer waartydens elke lid ‘n “memory”-boekie gemaak het, en lede het dit geniet.

Almal het heerlik gekuier in die gesellige lokaal.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘n Puik ligte middagete en slaai is bedien met lekker teehappies en ‘n koeksister en kolwyntjies as nagereg.