Sirkel: Overberg

Tak: Hermanus

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Berriggewer: Mariëtte Steyn

Datum: 17 Mei 2023

Landbou het die maandvergadering uitgebrei met ‘n uitstappie na Haygrove plaas in die Hemel en Aarde vallei.

Die plaasbestuurder, Stephan Strauss, het ons dames vertel van die werksaamhede op hierdie UK-gebaseerde plaas. Hierdie plaas is een van 4 plase wat in Suid-Afrika is en gebruik word vir die verbouing van verskillende bessies, hoofsaaklik frambose, maar ook aarbeie, swart- en blou bessies. 60% van alles wat verbou word, word uitgevoer. Ons het die voorreg gehad om ook deur die verpakkingstore te gaan waar hul hele pluk, sorteer en verpakkingsproses aan ons verduidellik is.

Op ons foto’s verskyn die dames van Hermanus-tak met Stephan. In die verpakkingstoor het ons, geklee in die vereiste stoordrag, die volle proses kon waarneem. Ons elkeen is ook met ‘n houer van 6 pakkies frambose as afskeidsgeskenk, bederf.

Hermanus-tak se dames hoor meer oor verbouïng van bessies.

 

 

 

 

 

 

 

 

Stephan verduidelik hoe die hele plant- en oesproses werk.

 

 

 

 

Ons dames in kuier in die verpakkingstore.