Sirkel: Paarl
Tak: Hottentots Holland
Studierigting: Gesondheid
Beriggewer: Jeanette Snyman
Datum: 10 Mei 2023
Op 10 Mei het Anna Touch die Hottentots-Hollandtak besoek om gebreide eendjes in ontvangs te neem. Laasgenoemde gaan versprei word om die publiek bewus te maak van orgaanskenking. Ouer persone kan nog been en weefsel skenk, al is 60 die afsnypunt vir orgaanskenking.
Die eendjes is ‘n internasionale poging om mense bewus te maak van orgaanskenking. Dit word oral in die openbare domein versprei. Ons het dit as ons tak se 2023-Uitreikprojek gekies. Hulle het baie vertakkings – bloed,organe,weefsel,ens.
Die Little yellow Duck Project is in 2014 in Brittanje begin om mense meer bewus te maak van orgaanskenking. Dames word aangemoedig om eendjies te brei/hekel en te versprei.
Hierdie eendjies word oral neergesit om deur vreemdelinge gevind te word. Die eendjies het ‘n kaartjie aan wat die projek verduidelik en die “vinder” aanmoedig om die webtuiste te besoek, Hulle kan aandui waar hulle die eendjie gevind het en hulle kan ook meer uitvind aangaande die behoefte aan skenkers en hoe om te registreer as ‘n skenker.
Anna Tough en ons voorsitter Annie Potgieter.
Leave A Comment