Sirkel: Middelland
Tak: Alexandria
Studierigting: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Anlouise O’Connell
Datum: 18 Mei 2023
VLV Alexandria het ‘n heerlike samekoms gehad wat deur die sameroeper van Kunste & Handvlyt, Christel Bakkes, gereel is. ‘n Werksessie in “Embossed Metal Tape Art,” is aangebied deur Linda Pienaar binne Trudie Botes se “Vroetel vingers” Scrap booking winkel by die Padstal in Boknesstrand.
Die dames het met konsentrasie die metal tape korrek op die boekmerk en kaartjie geplak om sodoende voue en kreukels te voorkom en die randjies van die patrone fyn en versigtig omlyn, sonder om dit stukkend te druk.
Konsentrasie het hoogty gevier en ons Tesourier het gesê dis makliker om met beeste te werk, as om die fyn omlynings te doen! (Sy is darem ‘n boer in murg en been)
Linda het swart akriel verf (craft paint) op die boekmerke en kaartjies wat embossed is gedrup en nadat dit droog was het lede die verf afgevryf, met swart vingers en strepe oraloor, om hulle kunswerke te finaliseer.
Hierdie kreatiewe kuns is goedkoop en jy kan soveel as moontlik alledaagse huishoudelike artikels omskep in metal tape artworks. Linda het verskeie artikels wat sy met metal tape art “opgedollie” het, gewys oa. Visblikkies wat omskep is in potte vir plantjies, bottels wat pragtige houers word, karton houertjies wat in fraaie geskenk boksies verander is en self pragtige joernale/foto albums met die allermooiste embossed buiteblaaie.
Die verskil in die tegnieke van Pewter kuns en Metal Tape Art is ook verduidelik.
Hierdie is werklik ‘n tegniek om al daai vaal bruikbare houertjies in die huis op te kikker.
Leave A Comment