Sirkel: Tygerberg

Tak: De La Haye

Studierigting: Gesondheid

Beriggewer: Elizabeth Joseph

Datum: 13 April 2023  

Spreker: Vicky Bruwer kom gesels met ons oor borskanker bewustheid. 

Die spreker het ‘n pink T-shirt aan vir die Argus fietstoer, “Journey of cancer survivors”

Dis ‘n ernstige “scare”. Sy vertel dat twee vriendinne van Engeland haar besoek het en wou altwee  ‘n mammogram gedoen kry hier in Suid Afrika. Sy gaan toe en laat hulle ook ‘n mammogram op haar doen..  Sy het toe gehoor dat die dokter ’n plekkie sien. Sy moes ‘n koevert vir die dokter vat. Die dokter doen toe ‘n biopsie. Sy gaan toe na Ettienne Myburgh toe vir ‘n tweede opinie. Hy neem toe ‘n biopsie en sê die onkoloog gaan haar bel.  Die onkoloog vertel haar dat hulle nou ‘n plan moet uitwerk.  Dit is ‘n hormoon kanker.  Sy kan op hormoon blocker gaan en die kanker kan krimp.  Jy word so oorweldig met informasie.  Sy volg toe maar die dokter se aanbeveling. Sy moes limfdreinering kry op gereelde basis. Sy moet elke ses maande vir kontrole ondersoek gaan.  Die “scare” van kanker bly in jou gedagtes.  Mediese fonds betaal vir rekonstruksie maar nie vir ‘n Lumpektomie nie. Sy was ses maande vir bestraling.  Jou familie kry die swaarste (Emosies  bly binne en veroorsaak ‘n stryd)  Deel wat jy kan al weet jy nie hoe jy voel nie.  By Xstrale is ‘n mandjie waar jy kan blokke brei. In Oktober doen radiografie verniet/afslag mammogramme omdat dit Borskanker maand is.

Toe sy klaar is met al die toetse het sy by die groep Wish of Hope aangesluit. Sy help ook by die Helen Harder Foundation wat pasiënte help met finasiële hulp aan vroue onder 40 wat kanker het. Hulle kry befondsing van oorsee en maak ook ‘pamper bags’ vir pasiënte by onkologie.

Sy lees ‘n stukkie voor: “The art of thriving with cancer”