Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 16 Mei 2023

Pieter Stofberg, ‘n Korrektiewe Beampte by Worcester Gevangenis, het ons kom toespreek oor die Group of Hope rehabilitasieprojek, waarvan hy al die afgelope 15 jaar die koordineerder is.  Hy het met die idee dat ‘n misdadiger toegesluit en van vergeet moet word, grootgeword, maar het intussen geleer watter groot rol vergifnis speel.

Group of Hope is in 2002 deur Linda Scott by die Brandvlei Gevangenis begin.  Die gevangenes word geleer hoe om juweliersware uit tee-en papbokse te maak.  Pieter het rofweg ‘n demonstrasie gegee van hoe die bokse gesny en die krale gerol word.  Die rol van die krale is terapeuties en verg baie geduld.  Daar is 10 lede in hierdie groep en hulle word gekeur om deel hiervan te wees.  Met slegs die kleinste oortreding kan hy uit die groep gesit word.  Hy noem dat geharde misdadigers, o.a. die moordenaar van Marike de Klerk, ook deel van hierdie groep is.

Hulle vervaardig ook leerprodukte en het verskeie afsetgebiede vir die artikels.  Die fondse word weer teruggeploeg in die gemeenskap, o.a. plaaslike kleuterskole en ouetehuise.

 

 

 

 

 

 

 

Voorbeelde van die krale en leerprodukte.

 

   

Pieter Stofberg (spreker) en Marianne Oosthuizen (Sameroeper)

Die keurig – versierde teetafel.