Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Tema: Opvoeding en Kultuur
Aanbieder: Esta Twigge
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 17 Mei 2023
Esta Twigge spreek die tak toe oor ‘n toksiese lewenswyse. Obsessie met positiewe denke ten spyte van omstandighede kan lei tot verplaaste of misplaaste positiwiteit. Positiwiteit is ‘n goeie eienskap maar as dit te ver gedryf word, raak dit toksies. Laat jouself toe om te rou en kwesbaar te wees, anders kan jy toksies wees teenoor jouself.
Positiwiteit is harde werk. Mense met depressie en angs sukkel daarmee. Toksiese positiwiteit kan ook innerlike emososies onderdruk, ook in ander mense rondom jou. Jy kan van ander verwag om altyd positief te wees, al val hul wêreld uitmekaar.
Indien negatiewe emosies onderdruk word, is ‘n persoon minder geneig om die situasie te verwerk, bv die dood van ‘n geliefde. Onverwerkte emosies maak jou siek. ‘n Persoon wil net iemand hê wat na hul luister, hul hand vashou of selfs saam huil.
In sommige kulture is toksiese manlikheid steeds aanvaarbaar. Hiervan getuig gereëlde huwelike of poligamie. Geslagsgeweld bring baie maaatskaplike probleme mee.
Toksiese verhoudings tussen geliefdes of familielede bring wanfunksionele verhoudings mee. Die persoon is manipulerend, wil altyd beheer uitoefen, vind fout met alles wat die ander een doen, toon geen emosie nie en dreig soms subtiel maar soms openlik. Die slagoffer is senuagtig en gevoelens word nie in ag geneem nie,
Hou op om skuldig te voel. Stel grense wat aanvaarbaar is, kry hulp of berading, bou ‘n gesonde ondersteuningsnetwerk en leer jouself verstaan. He who upsets you, controls you.
Lede dra turkoois om bewustheid te kweek vir Senior Burgers. Toiletware word geskenk en aan Carina Botma van Marthie du Plessis Dienssentrum, oorhandig
Esta Twigge
Nellie Viljoen, Marthie Grobler, Eurika Byleveld, Lindi van Vuuren, Charlotte Bouwer, Griselda Pretorius, Margo du Plessis, Carien van Niekerk, Erika Linde, Marietjie Steyn, Daline Geere, Petro Ollewagen
Esta Twigge, Carina Botma en Carien van Niekerk (voorsitter)