Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Murraysburg
Portefeulje: Opvoeding En Kultuur
Datum: 17 Mei 2023
Beriggewer: Theresa Troskie
Haal asem en blydskap:
Ons luister na ’n gesprek tussen Amore Bekker (RSG) en Johannes de Villiers:
- Emosies is aansteeklik. Waarvoor is jy vandag dankbaar? As jy op dankbaarheid ingestel is, sien jy sommer baie meer positiewe rondom jou raak. Glimlag gereeld vir mense om jou en verkneukel jou ook in hul blydskap en dankbaarheid.
- Tussen gelukkige mense is jy gelukkiger en omgekeerd!
- Negatiewe berigte of gesprekke, sepies waar die akteurs die hele tyd katterig en agterbaks teenoor mekaar optree op TV en die sosiale media stem die kyker meer aggressief. As jy lank hieraan blootgestel word, voel dit of die aggressie in jou lyf gaan sit!
- As jy altyd tussen mense is wat graag eet en peusel of waar almal rook, begin jy ook later peusel en rook … Net soos hierdie gedrag jou negatief beïnvloed, word jy gelukkiger en meer positief tussen gelukkige, positiewe mense.
- Lewensmaats het ’n groot impak op mekaar asook op hul kinders. Wat straal jy uit? Maak jy jou lewensmaat en kinders meer gelukkig deur wat jy sê en doen?
- Hoe hanteer jy stres, woede? – jou reaksie daarop is ook aansteeklik, nie net jou blydskap as dit goed gaan nie.
Voorkom negatiewe emosies so:
- “Unfollow” negatiewe mense/media/vriendekring. Jy hoef hulle nie uit jou lewe te sny nie, maar wees bewus van die negatiewe reaksie wat hulle op jou lewe het en vorm ’n keerwal.
- Wees jy die persoon wat dit stop en vervang dit met positiewe geselskap wat jou bou.
- Kry dit uit jou lyf deur bv. te begin oefen, draf, doen iets met jou lyf wat stres verlig. Leef “lig” en gelukkig!
- Volg Johannes de Villiers by Blydskap.com
Gebaretaal in SA:
- In 1863 begin die nonne ’n opleidingsprogram vir Irish Sign Language.
- In 1881 is De la Bat skool vir dowes in Worcester gestig.
- Irish Sign Language het die grootste invloed op South African Sign Language (SASL).
- Geen uniforme gebaretaal in SA nie. Lande soos Australië en Groot Brittanje het een gebaretaal vir hul lande.
- SASL verskil ook van gebaretaal van Sign Language in Engeland.
- SASL is in die proses om gebaretaal een van ons amptelike 12 landstale te maak.
- Indien jy regshandig is, is dit die hand wat jy gebruik as jy net een hand benodig.
- Op com is daar woorde in Engels ook as jy dit wil leer.
- Op die oomblik verskil gebaretaal in SA tussen verskillende taalgroepe.
- Gesigsuitdrukkings moet pas by gebaretaal.
Leave A Comment