Sirkel : Weskus

Tak : Eendekuil

Portefeulje : Opvoeding en Kultuur

Beriggewer : Lydia le Roux

Datum : 2023-05-16

 

Marié Grobbelaar, uittredende voorsitter, Marietha Goosen, spreker, en Alicia Hanekom, gasvrou

Op Dinsdag 16 Mei het Alicia Hanekom van die VLV-Eendekuil met haar portefeulje Opvoeding- en Kultuur, ons trakteer met heerlike eet- en drinkgoed. Marietha Goosen van Piketberg het ‘n interessante praatjie oor die ontstaan van die plaaslike koerantjie, Die Piketberger, gelewer.

 

 

 

In die bestuur van ons tak het daar ‘n groot verskuiwing plaasgevind:  ons Voorsitter, Marié Grobbelaar het uitgetree … Sy het in 2016 die voorsitterspos aanvaar, en sedertdien het ons takkie gegroei en het ons jong vroue ook betrek.  Soveel so, dat die ampte van voorsitterskap en sekreraresse nou in nuwe, jonger hande is.

 

 

 

Lettie de Waal – ons nuwe voorsitter

Marietha is sinomiem met “DIE PIKETBERGER”

Sy het kom gesels oor haar inisiatief met die ontstaan van die koerantjie, wat maandeliks teen so min as R5, die lief en leed van Piketberg bevat.

 

Die Piketberger

 

In die koerantjie lees ons meer oor Piketberg en omgewing se nuus, gebeurtenisse, troues, geboortes en sterftes, skool- en sportprestasies, daaglikse gebeure, nuwe intrekkers, nuus van oud en jonk; alles wat die dorp kan bied, van inkopies tot mediese sorg, plaaskoop, lekker eet en vele meer …

 

Sedert Mei 2003, 20 jaar gelede word die koerantjie elke maand gedruk.  Mnr. Pierre Steenkamp was die redakteur, en Marietha verantwoordelik vir die versorging van berigte en foto’s.

Marietha aan die beduie …

Vandag is sy reeds jare lank redakteur, snuffellaar van elke moontlike nuuswaardigheid in Piketberg en omgewing, skrywer, proefleser en fotograaf.  Isabel Lausberg is haar regterhand met die uitleg van die berigte en foto’s.

Die koerant is ook aanlyn beskikbaar – gratis en in kleur!

Alhoewel ons elke maand die koerant onder oë het, het ons nou heelwat insig en inligting bekom met die proses van beriggewing waarvan ons nie eers bewus was nie en sal ons beslis ons kontrei-koerant met meer waardering lees!

 

 

 

 

 

Saam met ‘n geskenksakkie papawersaad en ‘n reseppie vir papawer- en joghurtkoek muffins, sluit ons ‘n heerlike kuier-vergadering af: baie dankie Alicia!