Sirkel: SWD
Portefeulje: Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 11 Mei 2023
Klein-Brakrivier speel met volstruis eierdoppe
Klein-Brakrivier taklede, asook lede van Voëlvlei, Diepkloof, George en Eden, het ‘n heerlike leer-, speel- en kuieroggend met volstruis eierdop-mosaïek gehad. Cecilia Pieterse was die aanbieder, en Petro Doman (SWD Kunste en Handvlyt Sameroeper van Oudshoorn), het bygestaan met raad en daad. 22 Dames het van hierdie geleentheid om ‘n nuwe vaardigheid aan te leer, gebruik gemaak. Die projek is deel van SWD se Kunste en Handvlyt kompetisies.
Die mosaïekwerk kan op ‘n medium grootte houtbak of -bord, behandelde porseleinbak of -bord, of papiermaché bak gedoen word. Die randjie word met mosaïek steentjies en teëlsement afgerond. Daarna word die bak met ‘n kleur van eie keuse geverf, met servet ‘decoupage‘ op die oorblywende gedeelte. Wanneer alles droog en in plek is, word dit met kleurlose, ‘matte’ vernis gespuit vir finale afronding.
Teenwoordig, en deel van die foto-collage:
Ada Gericke, Voëlvlei; Anne Campbell, Eden; Besie Craggs, Klein-Brakrivier; Cecilia Pieterse, Klein-Brakrivier – Aanbieder; Chrissie Horne, Klein-Brakrivier; Christine Marais, Klein-Brakrivier; Denise Taljaard, Klein-Brakrivier; Elize Locke, Voëlvlei; Hannetjie Cordier, Voëlvlei; Joey Gouws, Klein-Brakrivier; Leola Esterhuizen, Klein-Brakrivier;Lucia du Plessis, Klein-Brakrivier; Lynette Nel, Klein-Brakrivier; Maryna du Preez, Diepkloof; Meisie Pretorius, Klein-Brakrivier; Nicolette Lehman, Eden; Petro Doman, Oudshoorn – SWD Kuns & Handvlyt Sameroeper; Ria van Straaten, Klein-Brakrivier; Rita Cameron, Klein-Brakrivier; Sanette Louw, George; Susan Ann Chatterton, Klein-Brakrivier; Susánne le Roux, Klein-Brakrivier; Zenobia Botha, Voëlvlei; Zettie Coetzee, Klein-Brakrivier
Cecilia se werkwinkel Petro Doman wys hoe
Projek riglyne
Van die projekte in wording… ↑↓
Van die Klein-Brak lede
Leave A Comment