Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Sirkel Inligtingsdag
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 10 Mei 2023
‘n Kort Samevatting van 10 Mei se Inligtingsdag op Kleinmond
7 dames van Bredasdorp Tak het dit bygewoon.
Kompetisie artikels vir 2024 wat bespreek is se riglyne word duidelik in die Huis en Haard van Februarie 2023 uiteengesit. Ons deel net ‘n paar wenke wat met die Inligtingsdag uitgekom het.
- Fotografie: Neem altyd die derdes-beginsel en die “goue ure” in ag. Beweeg totdat jou foto dit uitbeeld waarop jy volgens die opdrag moet fokus en neem verkieslik jou foto vroegoggend of met skemeraand vir die beste beligting. “Neem foto’s en geniet dit!”
- Leefstyl: Die tema is verbeeldingryk. Onthou om altyd monsterlappies en wol aan die artikel vas te heg en as jy jou artikel wil opstop om uit te stal, sit jou stopsel in ‘n plastieksak wat toegeknoop is. Leefstylartikels moet voor 11 Augustus om 12h00 op Hartenbos wees.
- Blomme: Steeds Verbeeldingryk…jy kan ook jou rangskikking ‘n naam gee en die naamkaartjie saam met dit uitstal, bv. Flight of Fancy.
- Woordkuns: ‘n Eenbedryf van maksimum 1000 woorde met die titel “Die vere maak die voël”. Onthou om jou word count op die laaste bladsy links bo aan te dui.
- Beeldende Kunste: 3 Huisies van hout met ‘n deurlopende tema wat 15 tot 20 cm hoog moet wees en 4 tot 7 cm breed. Jy kan selfs soliede houtblokke gebruik en metaal of karton daarop plak. Monteer dit op ‘n hout voetstuk.
6. Handvlyt: Shabby Chic lapboek. Daar moet kohesie wees. ‘n Samehangende tema. Maak veral seker dat die twee bladsye wat teenoor mekaar is by mekaar aanklank vind. Let daarop dis laag op laag met die “embellishments heel bo”.
7. Rosyntjiebrood: 22 x12 cm pan gemeet volgens die bodem van die broodpan. Stal uit op ‘n hout plank. Dit was ‘n gesukkel met die rosyntjies wat te veel was vir die beslag. Pas aan.
8. Vrugte Konserf: Dien op in nuwe heuningflessie en merk met etiket 2cm bo die bodem en dui die datum daarop aan. Aanbieding tel 30%. Let daarop dat die appels en pere gesnipper moet wees.
9. Gebottelde komkommers: Gebruik goeie mosterd en medium kerriepoeier, medium komkommers en medium uie. Vul flessies 1 cm van bo af.
10. Lekkers: Sit voor in ‘n Ferrero Rocher houer op waspapier sonder enige verdere versierings. (50%). Stafie moet 4cm lank, 4 cm breed en 2 cm dik wees.
11. Ringpoeding: Die ringpan moet ‘n vaste eenheid wees…as daar ‘n los middelstuk is raak dit “soggy”. Sous moet langs die sye afloop.
Leave A Comment