Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Christelle Nel

Datum: 10 Mei 2023

Aberdeen se trots – ou biblioteek & nuwe koffiewinkel

Aberdeen VLV geniet ‘n heerlike kuieroggend tydens die tak se Mei-vergadering. Die studierigting aan die beurt was Openbare Sake onder leiding van Saamroeper Suzanne Lategan. Die byeenkoms was by die nuwe koffiewinkel met die oorspronklike naam Café Karoo.

Suzanne Lagtegan open met skriflesing en gebed. Spesiale woord van welkom word gerrig aan die nuwe lid, Engela James. Na afhandeling van ‘n paar VLV sake, besoek die dames die plaaslike biblioteek. Wat ‘n aangename verrassing om te sien hoe die biblioteek assistent, Jennifer Nonnies, alles netjies en georden hou én sonder die hulp van ‘n skoonmaker, met trots daardie take ook verrig. Jennifer neem die dames op ‘n toer deur die biblioteek en deel die frustrasies en tekortkominge met die dames.

Terug by Café Karoo deel eienares Lizzy  van der Merwe, die geskiedenis van die gebou, wat reeds ‘n deli en winkeltjie ook huisves. Die gebou, wat voorheen ‘n woonhuis was, gaan THE OLD FORT heet.

Die dames word getrakteer met heerlike sop, tuisgebakte broodjies & gevulde pannekoek. Hierna gaan wys Lizzy met groot geesdrif die agterkant van die erf, waar sy beplan om die koffiewinkel na buite te vergroot onder die liefike reuse koelteboom.

Warm verwelkomingsbord by Café Karoo

Jennifer Nonnies wys die plaaslike biblioteek met trots vir die dames

 

Pragtige en kunstige kleuterhoekie in die biblioteek.      Daar kan tot outydse langspeelplate uitgeneem word

 

 

Heerlike aartappelsop en tuisgebakte broodjie by Café Karoo

 

 

 

 

 

 

 

Eienares van Café Karoo, Lizzy van der Merwe, en Saamroeper vir Openbare Sake, Suzanne Lategan

Agter:  Suzanne Lategan, Duné van Niekerk, Elna van Niekerk, Alet Gouws & Karin Pienaar .  Voor:  Carina Esterhuizen, Engela James, Annalie Lategan, Elsa Featherstone, Lizé de Jager & Christelle Nel