Sirkel: SWD

Tak: Oudtshoorn

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Isabella Jansen van Nieuwenhuizen

Datum: 9 Mei 2023

As niks bymekaar pas nie, is dit ook mooi.

Die uitdaging is gestel dat die lede se klere nie bymekaar moet pas nie, hoe bonter, hoe beter. Die lede het in volle kleur opgedaag, kleur en blompatrone en laslappies en strepe, alles mooi onvanpas gepas.

DIe hoogtepunt van die vergadering was om die kleurvolle klippiestapels te neem en klippies na hartelus te verf, en te gesels, en mekaar raad te gee (of was dit nou raat dat oorstokkies net so goed as ‘n kwas kan verf?) Die verskuilde kunstalente het baie mooi eindresultate tot gevolg gehad. Met ‘n volgende geleentheid sal die klippies, wat Petro Doman goedgunstelik vir ons gaan seël, aan die dames gegee word om te versprei.

Die Kunste en Handvlyt-komitee het aan elkeen ‘n blikkie wat met servet-decoupage versier is en waarin ‘n woestynroos geplant is, as Moedersdag-geskenk gegee.

Nadat Loraine Maritz as die kleurvolle wenner aangewys is, was dit tyd om tee en versnaperinge te geniet en lekker saam te kuier.

Die lede is druk besig om aan die klippies kleur te gee.

 

Moedersdaggeskenkie                                                   Die marktafel

                         

Rolina Lerm, Ann Avenant, Trienie Barnard             Annatjie Kemp

 

 

 

 

 

Loraine Maritz

 

 

 

 

 

 

 

 

Rolina Lerm, Petro Heyns, Engela Jacobs

Allegaartjie