Sirkel: Paarl
Tak: Slot van die Paarl
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Annalise Loubser
Datum: 2 Mei 2023
Gasvroue Maretha Carpenter, Marileine Burger en Fia la Grange by gasspreker Sonja Frans (2de van links)
Die spreker, Sonja Frans van Solid Waste by Drakenstein Munisipaliteit, is ‘n spreker wat haar bedryf ken! Na haar praatjie het die lede haar gepeper met vrae en sy kon dit volledig antwoord.
Afvalbestuur dek Reduce waste, Re-use waste, Recycle waste en Disposal of waste.
Ons het net een aarde en ons moet dit oppas en bestuur. Nou hoe verminder ons afval? Koop liewer in grootmaat, want dit verminder die verpakkingsmateriaal. Die ontwerp van die verpakkingsmateriaal moet ook slimmer wees sodat dit nie op die stortingsterrein beland nie.
*By Re-use word die chemiese samestelling nie verander nie en die item word hergebruik deur byvoorbeeld ‘n mat te hekel met inkopiesakke.
*Onder Recycle word die chemiese samestelling verander. Dit moet reeds by die huise geskei word voor dit in die vullisdrom beland. Organiese afval (kos) kan self gekomposteer word. Bokasie is ‘n hulpmiddel (die gis breek die kos-afval af) asook erdwurms.
Verder het sy haar hergebruiksak uitgegooi en alles gesorteer volgens die verskillende afdelings. Herwinning is nie altyd koste-effektief nie en die nommer in die driehoek op die item bepaal of iets herwinbaar is. As daar byvoorbeeld ‘n 3 in die driehoek is, is die item van PVC gemaak en kan dit nog nie in die Wes-Kaap herwin word nie.
Asbes moet deur ‘n spesiale span van die erf af verwyder word.
Gloeilampe, batterye, ou gif, verfblikke, spuitnaalde en ou medikasie kan by ‘n spesiale punt afgegee word of apart in ‘n sakkie by die weeklikse herwinning geplaas word.
Items moet met die laaste skottelgoedwater gespoel word dat dit min of meer skoon is voordat dit in die herwinningsak geplaas word.
Na dese weet ons dat ons liewer ons tuinvullis self na die afvalstasie moet neem en nie in ons vullisdrom moet gooi nie, want dit word op verskillende maniere afgebreek en verwerk.
Leave A Comment