Sirkel: Worcester
Tak: Robertson
85ste Verjaardag
Beriggewer: Sunette de Villiers
Datum: 20 April 2023
Robertson VLV vier 85ste Verjaardag
Met pragtige gedekte teetafels en dames wat uitgevat was met hoed, handsak en handskoene het die dames van Robertson die VLV tak se 85ste verjaarsdag gevier. Daar was ook die mooiste verjaarsdagkoek wat gebak is deur ‘n lid, Charmaine Lacroix.
Verjaarsdagkoek gebak deur Charmaine Lacroix – lid
Trudie Myburgh, redaktrise van “Bruis” tydskrif het die dames vertel hoe die tydskrif begin het gedurende Covid. Haar lesers mikpunt was dames van 50 +. Sy het vertel van die voorspoedige tye en die dae wat dinge nie reg verloop het nie, maar alles ten goede. Sy lees ‘n paar van die lesers briewe voor uit die tydskrifte.
Trudie Myburgh redaktriese van “Bruis ”
Vangie en Ems Treurnicht (100 jaar oud)
Vangie Coker van der Merwe van Montagu het die dames vermaak met haar pragtige “Country“ liedjies.Tannie Ems Treurnicht (100) het lekker met haar “walker” saam gedans.
Tinus Lloyd van Lloyd Interiors het ons vertel van teksture van jare terug wat nou weer hoog mode is. Oud en nuut kan gekombineer word.
Griet Viljoen wat 60jaar al lid is, het die kers van herinnering aangesteek. Sunette de Villiers het ‘n heildronk op die 85 jaar ingestel.
Robertson tak is gestig in 1931 deur Mev Jossie Ackerman en in Julie 1940, tydens die oorlogsjare ontbind. Op 16 Oktober 1947 is die tak weer herstig deur Mev. Smit.
Die dames het heerlike eetgoed en tee geniet. Drie dames het pryse ontvang vir hul oorspronklike uitrustings. ‘n Mooi teetafel het ook ‘n prys gewen en die tafel met die lekkerste gees. Daar was ook ’n prys vir die lid wat die meeste kaartjies verkoop het. Daar was ook baie gelukkige trekkings.
Die wentafel
Tinus, Trudie, Vangie, Sunette
Voorportaalrangskikking
Leave A Comment