Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Tema: Landbou & Tuinbou

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum van gebeurlikheid: 20 April 2023

Hierdie maand gaan ons bietjie kuier in ons industriële gebied by Mossops Leather. 9de oudste firma in Suid-Afrika. Hierdie besigheid is net so oud soos Old Mutual in Suid- Afrika en het in 1846 in Mowbray in Kaapstad ontstaan tot hul later uitgebrei het na Wellington. Tot in 2005 was daar 2 looierye in die dorp en het hul saamgesmelt. Mossops het die beherende aandeel en die ou Western Tannery maak toe. Alles skuif na Mossops se perseel.

Mossops koop self die pelt in vanaf Uitenhage waar hul die hare verwyder en die beesvelle behandel. Hierdie velle kom van groot abattoirs in die Vrystaat en ander noordelike provinsies in SA. Dit beteken dat geen stink walms meer in Wellington hang nie, maar nou in Uitenhage.

Die pelt gaan deur verskeie prosesse voor dit bruikbare leer is. Dit word natgemaak., gekleur, gerek en –strek en gerol. Daar word met spesiale meters gemeet hoe dik en hoe sag elke leervel is. Verskeie plaaslike skoenfabrieke en meubelvervaardigers koop hul leer by Mossops aan.  Mossops behandel 24000 tot 30 000 beesvelle per maand. Dink net hoeveel skoolskoene kan gemaak word of hoeveel leerbanke.

Mossops gebruik geweldig baie elektrisiteit en het goedkeuring gekry van die plaaslike Drakenstein Munisipaliteit om al hul dakke met sonpanele te bedek om self energie op te wek, te gebruik en die oortollige terug te sit in die sisteem, Alhoewel hul ‘n halfmiljoen rand al spandeer het aan kragopwekkers vir die fabriek, want hul masjiene kan nie stilstaan nie.

Hul tuine is pragtig uitgelê en het 9000 spekbome wat suusrstof terugplaas in die omgewing. Elke draadkoei vertel ook haar storie in die tuin saam met die inheemse plante en byekorwe wat uitgesit is om die omgewing vriendeliker te maak.

 

 

 

 

Rollers druk patrone op die finale produk om soos Olifantvel te lyk.

 

 

 

 

 

Mossop Leather

Pelt word ontvang by die aanleg

 

 

 

 

Storie van hul draadkoeie

 

 

 

 

 

Lede van die VLV

Juanita Loubser –voorsitter van tak gee ‘n koei n soentjie

Rollers en masjiene wat leer rek

 

 

 

 

Pelt se kleur

 

 

 

Storie van die spekbome

Dikte en sagtheid van elke vel word finaal getoets en gradeer.

 

 

 

Verskeie leervelle