Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Christelle Nel
Datum: 19 April 2023
Geestelike Weerbaarheid – wees BEWUS maar nie VREESBEVANGE nie
Aberdeen VLV se April-vergadering was ‘n rustige vergadering sonder beplanning en reëlings wat sinoniem was die afgelope 2 jaar met die Vrouedag van 2022, en die pas afgelope Konferensie. Lea van der Vyver verwelkom al die lede waarna Maryke Lategan met skriflesing open.
VLV sake word bespreek, en terugvoer word deur Lea van der Vyver gegee oor die Konferensie wat deur die tak aangebied is in Maart. Die dames kan trots terugkyk op ‘n puik aanbieding van die Konferensie in ag genome al die positiewe terugvoer ontvang uit alle oorde.
Saamroeper vir Opvoeding & Kultuur, Maryke Lategan, nooi die bekende Pastorale Berader van Graaff-Reinet, Ingrid Boshoff, om die dames te kom toepspreek oor Geestelike Weerbaarheid. Ingrid deel ervarings uit haar eie lewe en benadruk dit dat ons bewus moet wees van die werklikheid en aanslae van Satan en sy demone. Alhoewel ons ons nie daarteen moet blindstaar nie, hoef ons nie in vrees te leef nie, want God het hierdie oorlog klaar oorwin. Daarom is Satatn nie vir ons ‘n bedreiging nie, want hy het nie mag oor God nie. Trek die volle Wapenrusting aan!
Karen van Rensburg & Luise de Jager het gesorg vir smaaklike eetgoed wat keurig voorgesit was. Ingrid Boshoff wen die gelukkige trekking van die dag.
Saamroeper vir Opvoeding & Kultuur, Maryke Lategan & Ingrid Boshoff, spreker van die dag
1: Pragtige rose wat die teetafel versier 2: Verskeidenheid van heerlike eetgoed 3: Olielampies het soveel atmosfeer geskep tydens beurtkrag
Agter: Duné van Niekerk, Louise Cruickshank (gaste), Luise de Jager, Engela James (gas), Karen van Rensburg, Christelle Nel, Lizé de Jager, Magriet Haasbroek met die jongste gas, Sonica van Niekerk. Voor: Elna van Niekerk, Heidi Lombard, Lea van der Vyver, Maryke Lategan & Stephanie Theron
Leave A Comment