Sirkel: Paarl
Tak: Suider Paarl
Projek: Bome vir ons Kinders
Beriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 18 April 2023
Lede van Suider Paarltak, asook die president van Sirkel Paarl, mev Marinda Rall, het die VLVKprojek, Bome vir ons kinders, op Dinsdag 18 April 2023 uitgevoer deur ‘n mooi jong akkerboom op die sportterrein van die Laerskool La Rochelle te gaan plant.
Tydens die Sirkel Paarl se jaarlikse konferensie in Maart 2023, is aan elke tak ‘n boom geskenk deur Wellingtontak wat dit gratis van Drakenstein Munisipaliteit ontvang het.
Suider Paarltak het toe ‘n afspraak gemaak met die Laerskool vir 12:00 die middag. Die leerders se pouse het aangebreek en al die kinders is gevra om te kom kyk en help met die plant van die boom.
Ons het verduidelik wie ons is en waarom ons die boom by hulle kom plant. Daar is fluks gehelp deur ‘n paar van die leerders om die boom regop in sy gat te plaas en grond in te gooi.
Daarna is ons gevra om ‘n koppie tee te geniet in die personeelkamer.
Drie van die leerders pronk in hul nuwe skooldrag.
Die lede wag om boom te gaan plant: agter: Karen Barnard, Anita Basson en Berta Spangenberg, taksekretaris. Voor: Gonny du Plessis, Takvoorsitter, Marie Hammann, Marinda Rall, Sirkelpresident, en Jenny Ruthven
Mev Marie Hammann dra ‘n gedig voor aan die kinders.
Almal kyk toe hoe die Akkerboom geplant word.
Leave A Comment