Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 18 April 2023

Elzet Nel was die spreker by hierdie geleentheid.  Sy is ‘n aktrise wat bekendheid verwerf het vir haar rolle in o.a. Vaselinetjie en Blood & Water.  Sy is ook ‘n talentvolle modeontwerper en is verbonde aan Donnalee Roberts se klerereeks The Romantic Collective.  Sy het op ‘n prettige wyse vir ons van die reëls van styl vertel, nl. dat daar geen reëls is nie.  Dra dit waarin jy gemaklik voel, maar moenie lang hare dra as jy ouer as 50 is nie…swaartekrag is niemand se vriend nie…aldus haar ma.

Dra goeie, gemaklike onderklere want dit is die fondasie waarop jy jou uitrusting bou, en laat meet jou borste vir die regte grootte bra.  Dit is belangriker om stylvol as seksie te wees.  Ouderdom is net ‘n nommer en daarom mag jy die nuutste modes dra.  As jy ‘n lospassende bloes aanhet, kan jy ‘n nousluitende broek daarby dra, want dit skep balans.  Aksentueer jou bykomstighede…as jy ‘n bruin gordel dra, dra bruin skoene en sorg dat jou juweliersware daarby pas.

Die dinge wat ‘n mens niè moet dra nie, is: die gewig van die wêreld op jou skouers, “shame and regret” en ‘n “stiff upper lip”.

Sy wys vir ons ‘n slooprok met ‘n veelsydige mou; een mou wat jy op verskillende maniere kan dra.  Koop materiaal met jou hande en nie met jou oë nie.  Meer as 3 kleure op materiaal is baie modieus,maar minder as 3 kleure skep ‘n tydlose effek.

Wenda Preuss (Voorsitter), Elzet (Spreker) en Magdaleen Joubert (Sameroeper)