Sirkel: Paarl

Tak:Wellington

Studierigting: Leefstyl en Landbou&Tuinbou

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum van gebeurlikheid: 23 Maart 2023

Al is dit HERFS, kan mens mos begin kyk na lekker warm etes. Elsa Aebi maak heerlike knöpfle vir ons. Eg Switserse knopies (amper soos pasta) wat jy in water kook en dan met heerlike souse kan eet.

   

Resep vir Knöpfle                                                              Elsa maak knöpfle en lede help

Andrë du Plessis van Protek Weskaap kom gesels oor hul produkte en gee wenke vir die tuin en ook vir die peste en plae.

Super Fosfaat moet ingewerk word om wortelgroei te bevorder en vorm  die bousteen. As jy enige vorm van chemiese kunsmis toedien,moet jy die plante water ook gee.

Probeer weg beweeg van beenmeel toedien, want jou huisdiere bly skoffel in jou tuin en maak jou kwaad. Gee liewer guano pilletjies vir jou plante wat ook organies is. Dit sal ook nie jou plante brand nie.

Flower Power gee ekstra sterkte aan die blomme, maar ook aan gras en kan oral gebruik word in die tuin.

Baie belangrik, gee water as jy KAN toedien.

Protek se uitstalling

Almal weet van die bolwurm in die kroon van clivias en daarvoor gebruik jy Scatterkill vir die slakke ook. Voëls is kleurblind vir blou en daarom is slakpille blou. Hierdie Scatterkill is soos semels en word op die grond gestrooi.

Vir jou mooi rose kan Complete gebruik word teen die luise. Onthou net as jy dit op sitrus gebruik, moet jy 212 dae wag voor jy die vrug kan pluk en eet..

Ab-guard kan gespuit word vir insekte en vlieë rondom die huis.

Na hierdie oggend het almal lus vir tuinmaak en regruk buite.

Die dames word bederf met gelukkige trekkings en ook almal kry produkte om by die huis te gaan gebruik teen slakke.

Dalene Buckle, Andre du Plessis, Amelia Jacobs, Oom Jan en Shecko van Protek