Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Studierigting: Leefstyl en Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum: 13 April 2023

 

Proteas is bekend vir hul prag en rykheid en blom meestal in Wes-Kaapland aan die begin van die winter. Die protea word algemeen erken as Suid-Afrika se nasionale blom en is ook die amptelike embleem van die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan. Lede van die protea-familie groei meestal in arm, suur, sanderige grond teen berghange en is aangepas by periodieke veldbrande.

Wat kan dan beter wees as om op ‘n lieflike oggend proteas met gevoude materiaal-lappies te maak.

Klein-Brakrivier lede, Lynette Nel, Lucia du Plessis, Denise Taljaard, Chrissie Horne, Suzette O ’Kelly, Helen le Roux, Susànne le Roux, Elrina van Zyl, Christene Marais, Dawn Greyling en Joey Gouws het die oggend in Albertinia, saam met Voëlvlei en Herbertsdale vreeslik geniet.

Joey het ook op hierdie dag verjaar en agterna geskryf, “dit was omtrent ’n heerlike verjaarsdag en met ons uitstappie na Albertinia, ekstra spesiaal”

Klein-Brakrivier taklid Joey Gouws, met van die pragtige proteas

 

 

 

 

Klein-Brakrivier taklid Christene Marais, met haar selfgemaakte protea

Christene en Lynette

Suzette, Elrina en Helen, hard aan die werk

 

 

 

 

 

Almal konsentreer op proteas maak

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lynette Nel, Klein-Brakrivier se Vise-Voorsitter geniet elke oomblik

Pragtige proteas

Tyd vir ‘n takfoto…

Joey se vlytige vingers

So bou mens spangees

Die “brakke” ry almal saam na Albertinia

 

 

 

 

 

 

Joey Gouws, die verjaardagdame, vier haar spesiale dag saam met haar vriendinne