Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Leefstyl en Kunste en Handvlyt: Intertak aktiwiteite
Verslaggewer: Lydie Terblanche
Datum: 12 April 2023
Op 8 Maart het Klein-Brakrivier taklede, Franci Raubenheimer, Susànne le Roux en Susan Ann Chatterton, Diepkloof tak se papier-maak werksessie ondersteun. Diepkloof Voorsitter Anita Fourie het die uitnodiging gerig.
Lede moes saamneem:
1. Fyn gesnipperde koerantpapier, van vorige dag in water geweek (Gooi water af voor jy saal toe ry. Jy kan dit in voedsel verwerker verpulp. Gebruik baie water, as pulp te dik raak brand jou masjien uit).
2. Raampie (as jy een het).
3. Groot plastiese bak waarin raampie pas.
4. Enige droë blare, blommetjies, sade, goud of silwer gare, sisal tou, olifant mis, koek kleursel (of enige iets wat jy in jou papier wil sit).
5. Dun materiaal of mans sakdoeke (Groter as A4).
6. 6 x wasgoed pennetjies
7. Redelike groot spons (baksteen grootte)
Susànne skryf agterna, “Vanoggend se ‘workshop’ was héérlik! Ons het dit vreeslik geniet. Die tak se mense het ons baie welkom laat voel. So dankbaar vir die geleentheid, ek hou baie van die papier maak”.
Foto -van links na regs:
Franci Raubenheimer, Susànne le Roux, Susan Ann Chatterton
Op 12 April het Klein-Brakrivier lede weer saam met die Diepkloof-tak in die Boeresaal gaan kuier. Hierdie keer het hulle ‘n Royal Icing werksessie bygewoon. Die aanbieders was Janean Kuyler (Royal Icing), Anita Fourie (Flooding) en Karen Nell (omlyning) van Sedgefield wat hulle kennis gedeel het. Die werksessie is bygewoon deur 20 lede van Diepkloof, Hartenbos, Klein-Brakrivier, en Sedgefield.
Benodigdhede wat saamgeneem moes word:
- Suikerkoekies
- Versiersuiker 500 g
- 1 eier
- Glas mengbakkie
- ‘Whisk’
- Versier-sakkies en punte (as jy het – rond en klein ster)
- Kombuis waslappie
- (As jy iets het wat jy wil gebruik vir spesiale effek bring saam.
Chrissie Horn, Dawn Greyling, Denise Taljaard, Leola Esterhuizen, Lucia du Plessis en Marilese Bekker het Klein-Brakrivier tak verteenwoordig.
Chrissie Horn
Dawn Greyling
Denise Taljaard
Leola Esterhuizen
Lucia du Plessis
Marilese Bekker
Al die lede het aan die einde van die werksessie hul kreatiewe pogings vir die beste koekie ingeskryf. Om die wenner te bepaal het elke lid gestem vir die mooiste koekie.
Vonesse Gerber van Diepkloof was die gelukkige wenner.
Anita het agterna gesê, “Lede het besonder goed gedoen vir ‘n eerste probeerslag. Ek is seker ons gaan pragtige koekies kry met konferensie”.
Anita Fourie
Leave A Comment