Sirkel: SWD

Tak: Oudtshoorn

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Isabella Jansen van Nieuwenhuizen

Datum: 11 April 2023

 Die Uitdaging van Verandering: Ons dink opnuut aan skoonheid

Die VLV-tak kyk met ‘n ander bril na die VLVK-tema vir die jaar.

Net om ons geheue van die vorige vergadering te verfris laat Nelia Stadler die lede ‘n vinnige opwarmingsoefening na die opening en administrasie doen. Daarna was almal vuur en vlam om meer van skoonheid te leer.

 

Die eerste spreker was Ilse Meyer. Sy vertel meer van Oudtshoorn se geboue, die hartbeeshuisies (of dan harde biesies huisies), die langhuise, en natuurlik die volstruispaleise wat in die Groter Oudtshoorn pronk, dikwels van sandsteen, waarvan ‘n goeie gehalte buite Oudtshoorn te vinde was, gebou. In Oudtshoorn pryk ook ander boustyle soos die Moederkerk waarvoor John Cooper en vyf klipkappers verantwoordelik was, wat in die neo gotiese styl, gebou is. Ilse sluit haar praatjie af deur die lede daaraan te herinner om betrokke by die bewaring van die geboue te raak, dis skoonheid wat nie moet vergaan nie.

 

Ilse Meyer

 

 

Volgende aan die beurt is De Wet Doman (van De Wet Doman Make Up Artistry) wat almal daaraan herinner het dat daar nie reëls vir grimering is nie, eerder tegnieke. Hy beklemtoon verder dat die doel van grimering is om die natuurlike skoonheid van iemand te versterk. Marinda Schutte was die gelukkige proefkonyn vir die tegnieke wat De Wet aan die lede demonstreer het.

Margaret Potgieter, Valeria Terblanche (voorsitter) en Veronica Greeff

Die hoogtepunt van die byeenkoms was om aan Margaret Potgieter ‘n kenteken te oorhandig vir haar 55-jaar lidmaatskap van die VLV en Veronica Greeff het ‘n kenteken vir haar 70-jaar lidmaatskap ontvang. Sowaar twee wyse voorlopers in die tak.

Nadat die lede die byeenkoms met strekoefeninge begin het, was die versnaperinge ‘n welkome afsluiting.

Dankie Valeria Terblanche en Isabella Jansen van Nieuwenhuizen vir die foto’s wat julle geneem het.

Martie le Roux, Susan Barendse