Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Studierigting: Landbou & Tuinbou, Openbare Sake

Datum: 28 Maart 2023

Beriggewer: Lydie Terblanche

Fotograaf: Layla-Belle Photograph

Op 28 Maart het Klein-Brakrivier ‘n program wat van hoek tot kant propvol lekkertes was, aangebied.

Voorsitter Lydie Terblanche het die gaste welkom geheet en Vise-Voorsitter Lynette Nel het ‘n danksegging gedoen. Cecilia Pieterse, Landbou en Tuinbou Sameroeper het die boomplant-seremonie behartig. Rita Cameron het die sjerrie tafel beplan en aangebied, terwyl Leola Esterhuizen die heerlike pons gemaak en as alternatief aangebied het.

 

  1. Landbou portefeulje: boomplant-seremonie

Op hierdie dag het Klein-Brakrivier tak-lede saam met Burgemeesters-komiteelid vir Infrastruktuur en Dienste – wyksraadslid Anton Dellemijn en sy vrou Annemarie – ‘n boom geplant.  Jan Odendaal van Green for life / Groen vir lewe het 15 bome aan VLV SWD-streek geskenk. Die Klein-Brakrivier tak het ‘n Wilde-kanfer ontvang en besluit dat daar genoeg redes is om ‘n waardige boomplant-seremonie te hou. Die boom staan eerstens as ‘monument’ vir Klein-Brakrivier se besonderse toekenning, die “Simply the Best” trofee wat hulle in 2023, as beste tak in SWD, ontvang het. Tweedens is dit as hierdie tak se bydrae tot die  VLVK-projek is, Bome vir ons Kinders/Trees for our Children.  Derdens, en nie minder belangrik nie, is dit om die Reebok Gemeenskapsaal waar die tak al vir baie jare byeenkom se tuin te verfraai, sodat die gemeenskap dit ook kan geniet. Jaco van Eeden by die Mosselbaai Munisipaliteit Stadsaal en sy span het die voorbereiding vir die boom gedoen.  Die boom is behoorlik “natgemaak” met ‘n glasie sjerrie vir elkeen van die 51 lede en gaste teenwoordig.

   

Omdat die Brakke so lekker naby die see is, het die dag ‘n see-tema gehad en bykans almal het skakerings van blou gedra. Retha Nagel het haar eie gedig genaamd “Blou” voorgelees.

 

Elke maand doen die tak bewusmaking van ‘n spesifieke kanker, hierdie maand was dit servikale kanker. Lucia du Plessis, Gesondheid Sameroeper het lede en gaste hieroor ingelig. Almal het met ontvangs ‘n “teal”kleurige strikkie vir hierdie doeleindes ontvang.

  1. Bestuur nooi almal om stukkie koek te kry om trofee te vier

Klein-Brakrivier VLV-tak het tydens die 89ste Sirkel SWD Konferensie in George, die “Simply the Best” trofee vir die beste tak in die SWD-sirkel ontvang. Hierdie spesiale kompetisie toekenning word deur die Sirkel-president bepaal en eers aan die einde van die Konferensie toegeken. Takke word oorweeg op grond van onder meer sigbaarheid in media, wat ook sosiale media, die organisasie se webwerf en -digitale tydskrif insluit. Edna, van Cake Petal het ‘n fenomenale mooi en smaaklike koek gebak wat almal kon geniet ter ere van die “Simply the Best” trofee. Hierdie uitbundigheid het met Tina Turner se “Simply the Best” gepaardgegaan.

 

 

 

  1. Terugvoering oor Konferensie

Lynette Nel, Aritha Matthews, Retha Nagel, Lucia du Plessis, Denise Taljaard en Retha Horn gee almal terugvoer oor hulle ervaring van dié geleentheid.

 

 

 

 

 

 

  1. Lydie Terblanche doen terugvoer oor kompetisie inskrywings en gepaardgaande punte. Almal se werk word uitgestal.

Sirkel Leefstyl, Juffrou-sak (MASJIENWERK) 3de plek aan Christa Vreugdenberg met 77%.

Sirkel Kunste & Handvlyt, Hout blokkie huisies (HANDVLYT) Retha Nagel 70%,  Ria van Straaten 81% en 3de plek aan Christa van Dyk met 84%.

Vir die afdeling – ‘Juwele van papier’ (HANDVLYT) het Christa Vreugdenburg 60% en Susanne le Roux 80%, ontvang.

Kreatiewe foto (FOTOGRAFIE) het Gerda Siebrits 68% en Retha Nagel 75% ontvang, die tweede plek het aan Meisie Pretorius met 80% gegaan.

Vir die ‘Glas objek stillewe’ (SKILDERKUNS) het Deville du Plessis 71% en  Ria van Straaten 73% ontvang.

Vir ‘Die dag toe dit begin reën het’ (WOORDKUNS) het Retha Nagel 76%,  Retha Horn 78% en Lydie Terblanche 79% ontvang.

VLVK Leefstyl – in die Mosaïek-hekelwerk afdeling, Tafelloper (HEKELWERK) het Helen le Roux 70%, Christa van Dyk 72% en Susanne le Roux 75% ontvang.

Vir die ‘Twee Plekmatjies’ (WEEFWERK) het Retha Nagel se inskrywing deurgegaan na die Kongres.

In die afdeling Puntverfkuns (Dot paint art) (HANDVLYT)  het Ria van Straaten 75%,  Gerda Siebrits en Susanne le Roux  gesamentlik 80% ontvang.

In die ‘Waterdruppel-weerkaatsing afdeling (FOTOGRAFIE) het Meisie Pretorius 72%, Christa Vreugdenburg 74% ontvang en die tweede plek het aan Gerda Siebrits met 82% gegaan.

In die afdeling Potplanthouer kop (BEELDENDE KUNSTE), het Christa van Dyk 76% ontvang.

Vir haar Slap Hakskeentjies het Dawn Greyling 76% ontvang, Deville du Plessis en Gerda Sieberts 75%; Hannie Visser en Cecilia Pieterse het albei 70% verdien.

 

 

  1. Gemeenskapsprojekte

Elke koördineerder vertel weer waaroor hierdie projekte gaan. Die gemeenskapsprojekte wat hierdie jaar ondersteun word is Helpende Hand se “Help Jannie”-projek (wat deur Gerda Sieberts gekoördineer word), die deurlopende Sweetheart Foundation se proppies en brood knippies rolstoel-projek (wat deur Lydie Terblanche gekoördineer word), asook skenkings vir die DBV (wat deur Lynette Nel gekoördineer word),  en die insameling van handsakke en brille vir plaaslike bejaardes-versorgingsoorde (wat deur Cecilia Pieterse gekoördineer word).

 

 

 

 

 

  1. Boekresensie 2024

Frank Opperman se eenman toneelstuk “Ek wens, ek wens” is onlangs opgevoer. Die boek waarop dit gebaseer is, is vir 2024 se boekresensie voorgeskryf. Elmarie Janse van Rensburg doen ‘n verkorte voorlesing van haar resensie.

 

 

 

  1. Papier-maak demonstrasie

Susànne le Roux doen ‘n uitstekende papier-maak demonstrasie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  1. Jaarprogram voorblad wenner

En die wenner is… Delise Erasmus

 

 

 

 

 

 

 

 

    Die Landbousaamroeper enJuffrou Sak

Vorige Voorsitter en erelid, Hester Krige (links)