Sirkel: Tygerberg
Tak: Kuilsrivier
Studierigting: Leefstyl, Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Mariëtte Krige
Datum: 28 Maart 2023
Besoek aan Jubileumhuis
Die 6 opgewonde dames van Kuilsrivier VLV Tak het op Woensdag 29 Maart 2023 die Jubileumhuis gaan besoek. Daar is ons ontvang met ‘n baie vriendelike glimlag, gasvryheid en ‘n spesiale inligtingsblaaitjie. Dit was regtig ‘n besonderse geleentheid om so baie talent uitgestal te sien. Die mooiste uitstalling van talent wat enige mens aan kan dink. Nie een van die dames was profesioneel nie, maar almal se talent so spesiaal soos elke item gelewer en uitgestal
Die dames kon nie ophou kyk na al die mooi werkstukke nie.
Nie net die boek nie, die pragtige werk ook!
Al die handwerk en kuns tot op die laaste rafel en kwashaal afgerond. Kloskant, hekel, brei en elke ander werkstuk wat ‘n wenner is in eie reg, netjies uitgestal met al die nodige versorging. Met die nodige respek vir die talent en werk vir elke werkstuk . Al die ander kunsitems wat tot jou spreek, seker maak jy kyk twee maal. Of dalk ‘n derde keer.
Van die vroegste tye af, onder moeilike omstandighede het die vroue meer as hulle deel gedoen om hulle talente te be-oefen. Die VLV se bydrae tot die bevordering en uitbreiding van die dames en samelewing se talente is van die begin af hoogste prioriteit. By die Jubileumhuis kan fisies gesien word hoe dames tot hulle beste aangespoor word. Mag al die VLV dames eendag die Jubileumhuis besoek en daar wegstap met inspirasie om hulle beste te lewer!
VLNR: Atella Prinsloo, Marlene Lotz, Mariëtte Krige, Gerda v d Westhuizen, Elmine Möller, Loni Eager
Baie dankie aan almal betrokke wat die erfenis vir die nageslag bewaar.
Om al die opewondenheid hok te slaan is koffie en eetgoed geniet voor die pad terug weer aangepak word. Met baie inspirasie om ook jou beste te lewer in die toekoms.
Die dames het aanhou gesels oor al die mooi items wat hulle gesien het!
Leave A Comment