Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 28 Maart 2023

Sydney Grovè, ‘n gevorderde Verpleegpraktisyn, was die spreker.  Hy vertel dat hy van kleintyd gefassineer was oor hoe babas gebore word en met altesame 13 akademiese jare agter die rug, het hy watergeboorte bestudeer.  Tot 2019 het hy al 25 000 babas in 29 hospitale in die wêreld help bring.

Hy is tans verbonde aan die NAD- (nicotinamide adenine dinucleotide) Kliniek by Century City.  Hulle spesialiseer in die behandeling van die herstel van selle in jou liggaam.  Dit is ‘n sterk anti-oksidant wat die veroudering van selle teenwerk.  Dit kan deur middel van ‘n pil of aarvoeding toegedien word en so ‘n behandeling kan tussen 40 minute en 3 ure duur.

Hy glo in “wat jy tel, beteken nie veel nie, maar wat jy nie tel nie, beteken die meeste”.

Charlotte Huysamer (sameroeper) en Sydney Grovè (spreker).

 

 

 

 

 

 

 

Goodwood se pryswenners by die afgelope konferensie.  Karin Marais (1e plek vir sensoriese dekseltjies), Renè Tepper (1e plekke vir lekkers en preservering), Wenda Preuss (Voorsitter) en Verona Burger (2de plek vir blommerangskikking – gevorderd).

 

 

 

Tina Muller (90 jaar oud) ontvang erelidmaatskap van die Tak.