Sirkel: Paarl

Tak: Paarl Aand

Studierigting: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Una Engelbrecht

Datum: 16 Maart 2023

Wentzel Coetzer, oud-onderwyser, maak blaasbalke uit hout en leer as een van sy vele stokperdjies. Dis ‘n apparaat wat lug intrek en met fors uitlaat. Dit het talle gebruike, die bekendste waarvan is om ‘n vuur aan te blaas. Dit kom voor in groottes vanaf 10 cm. tot 6 cm. en was al 500 j. voor Christus in gebruik. In Egipte is daar een in ‘n piramide gevind.

Dit kan van hout, metaal, plastiek, rubber, leer en nog ander materiale gemaak word.

Wentzel se inspirasie vir die maak van sy eerste blaasbalk was ‘n geërfde museumstuk wat in die 1800’s saam op die Groot Trek was en aan kmdt. Kritzinger behoort het.

Bets Engelmohr, Wentzel Coetzer en Petro Boshoff (saamroeper) met voorbeelde van Wentzel se handewerk.

‘n Blaasbalk spesiaal gemaak vir Wentzel se vrou, Elzette.

 

 

 

 

‘n Blaasbalk vir skoonouers wat in Baía Formosa gewoon het. Gemaak van geelhout uit die Knysnabos

 

‘n Klein blaasbalkie vir kampeer