Sirkel: Overberg

Tak: Bredasdorp

Konferensie

Beriggewer:Letty-Ann Möller

Datum: 15 Maart 2023

Rienie Lȕdick, Sirkelpresident van Sirkel Overberg, gee op gemeenskapsradio terugvoer oor die suksesvolle 89ste konferensie gehou op 15 Maart in die NGKerksaal Caledon-Wes. Naastenby 88 VLV-lede het dit bygewoon.

‘n Aanhaling uit die radio onderhoud met Radio Overberg van Rienie Lȕdick, Sirkelpresident van Sirkel Overberg, lui as volg:
“Ons kompetisies was fantasties. Die takke het baie baie goed gedoen waaroor ek baie trots is, want baie van die artikels gaan Kongres toe, so ons Sirkel gaan goed verteenwoordig wees by Kongres.
Ja, dit was vir my baie, baie, bàie lekker!”

Hoogtepunte, kompetisie –uitslae is soos volg:

  • Die takprestasietrofee is toegeken aan Elbie Fourie as Sirkel Tesourier;
  • Caledontak het die meeste inskrywings (27) en die hoogste puntetotaal (1300); Hermanustak het die beste groei getoon;
  • Bredasdorptak is aangewys as die algehele wenner met Leefstylartikels.
  • Anette Fourie van Bredasdorp se mosaïekhekelwerk is die mees uitstaande konferensie artikel.
  • Villiersdorp- en Kleinmondtakke loop kop aan kop met die gebottelde geregte en
  • Hermanus dra die kroon vir gebak en lekkers;
  • Kleinmond wen die Mikrogolfgebak en
  • Gansbaai wen die Kunste en Handvlyt.
  • Ronel de Villiers het 97% behaal in Woordkuns.
  • Gansbaai behaal ook eerste- en tweedeplek in die Beeldende Kuns (‘n potplanthouer in die vorm van ‘n kop).
  • Die mees uitstaande Dot Painting is egter dié van Anna-Marie Groenewald van Bredasdorp en
  • die beste foto is geneem deur Theresa Stokes van Bredasdorp.
  • Hermanus se blommerangskikking is eerste.

Gassprekers was Pierre Vlok van BKB, Martie Koegelenberg, voormalige politikus; Wicus Pretorius, redakteur van TUIS-tydskrif en Kim Farmer van Human Trafficking.

Bredasdorptak verteenwoordigers by 89ste Overberg Sirkelkonferensie op Caledon.

 

 

 

 

 

 

 

Beoordelaarsterugvoer deur Charlene le Roux van Bredasdorptak.

 

 

 

 

 

Bredasdorpers Soma Viljoen en Marjolijn Malan doen die blommerangskikkings-beoordeling.

 

 

 

 

 

 

Annette van Eeden (Landbou Sameroeper) stel Pierre Vlok van BKB Bredasdorp aan die woord.

 

 

 

 

 

Collage van die Overberg Sirkelkonferensie gehou op 15 Maart 2023 op Caledon