Sirkel: Middelland
Tak: Kraggakamma
Studierigting: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Erika van Zyl
Datum: 14 Maart 2023
Ons Landbou afdeling het die vergadering van Dinsdag, 14 Maart, gelei. Eunice Nortje het vir ons meer van hulle boerdery, Melmont heuningbostee kom vertel. Hulle familie boer al vir vier generasies lank net buite Kareedouw met heuningbostee.
Hulle voer 80% van hulle jaarlikse tee oes uit na Japan, die VSA, Engeland, Switzerland en Nederland. Heuningbostee is 100% organies, is baie goed vir jou immuunstelsel en het ‘n heerlike smaak.
Ons kleurskema vir die vergadering was geel om by die geel blommetjies van die heuningbostee-plant te pas. Die oggend was ‘n wonderlike geleentheid waar die dames die geleentheid gehad het om meer oor hierdie interessante bedryf en die heuningbostee produkte te leer. Vind meer inligting oor Melmont Heuningbostee en besoek gerus hulle webtuiste by: https://www.melmont.co.za/
Leave A Comment