Sirkel: Noordwes-Kaap
93ste Konferensie
Beriggewer: Mieke Bezuidenhout
Datum: 10 Maart 2023
Van Prieska tot Pofadder het die vroue, Vrydagoggend, aangekom. By HMO se klubhuis was alles piekfyn, van die keurig gedekte tafels tot die smullekker eetgoed – dit het definitief aan VLV-standaarde voldoen.
By sprekers het ons geleer van:
- die Veranderinge in die onderwys
- toerisme in die Noordweste
- wat HELLP-sindroom is
- en alles en nog wat van rosyne
Ons het geleer hoe bak jy `n Russiese heuningkoek en kon aansit by `n ”high tea” om te proe hoe dit smaak. As fyngebak nie jou ding is nie, kon jy jou hand waag aan `n klipkuns-projek.
Vrydagaand het ons gesellig saamgekuier by Kameelboom-gastehuis. Die hoogtepunt van die aand was die HMO-drama groep se opvoering: Want ek is vrou, deur Barnie Mans.
Na die prysuitdeling, waar kundige naaldwerksters, -baksters en -kunstenaars beloon is vir hul harde werk, is die konferensie verdaag en het ons verryk teruggekeer na ons onderskeie tuisdorpe. Dankie Kakamas vir jul gasvryheid. Julle kan julself op die skouer klop: Sirkel Noorwes-Kaap se 93 ste konferensie was voorwaar geslaagd.
Konferensie 2023 te Kakamas
Sirkel bestuur : Agter vlnr Jean du Rand ( sameroeper Openbare Sake ), Keppies Spangenberg ( Voorsitter Kakamas en gasvrou vir konferensie 2023 ) , Christa Lochner (sameroeper Landbou en Tuinbou en voorsitter Augrabies ) , Elmarie van Niekerk (sameroeper Leefstyl ) , Andrea Wenholt ( hulp- sameroeper Leefstyl ), Esme du Toit (sirkel sekretaresse, sameroeper Opvoeding en Kultuur en voorsitter Marydale ) .
Voor vlnr Corrie Liebenberg ( Vise- President en voorsitter Prieska ) , Wilna Nel ( President Sirkel NWK ) , Mieke Bezuidenhout ( sirkel tesourier , sameroeper Kunste en Handvlyt en voorsitter Oranjevallei ) .
Uitstalling van kompetisie artikels
Konferensie lokaal
Sanggroepie Laerskool Kakamas
Mnr Andre Mouton Skoolhoof van HMO spreker vir Opvoeding en Kultuur.
Gesondheid onderwerp Liana du Toit spreker vir Gesondheid .
Kompetisie inskrywings -Gebottel en Gebak .
Vlnr Wilna Nel ( Sirkel President ) , Corrie Liebenberg ( Vise- President ), Erika Lubbe ( Vorige VLVK President ) besig met werkswinkel Klip-Kuns .
Jong lid Carmen Ras met eindproduk van Klip-Kuns . Marli Visser demonstreer Russiese Heuning Koek
Vlnr Keppies Spangenberg ( Gasvroukonferensie 2023 en voorsitter Kakamas ), Marli Visser ( spreker vir Leefstyl) en Elmarie van Niekerk ( sameroeper Leefstyl )
Drama studente HMO
Vlnr Koos de Klerk (Sjef by Kameelboom Lodge) en Elmarie van Niekerk .
Vlnr Barnie Mans ( Drama dosent HMO en Dankie sê Persoon Sirkel NWK 2023 ), Wilna Nel (Sirkel President NWK), Erika Lubbe ( Vorige VLVK President ) en Keppies Spangenberg, Voorsitter, Kakamas
Barnie Mans ( Dosent Drama HMO ), Danielle Jacobs ( Uitstaande Drama student HMO ) en Wilna Nel ( Sirkel President )
Links: Percy Jooste ( Raisins SA spreker vir Landbou en Tuinbou )Regs: Joa Bekker ( spreker vir Openbare Sake oor Toerisme )
Leave A Comment