Sirkel: Worcester

Konferensie

Beriggewer: Zelda van Heerden

Datum: 8 Maart 2023

Sirkel Worcester 90ste Konferensie gehou te Montagu.

Sirkel Worcester het die 8ste Maart 2023 ‘n suksesvolle konferensie aangebied. Montagu tak was die gasvroutak. Sirkel Worcester is vanjaar 94 jaar oud en Montagu tak word 92 jaar oud.

Die saal se versierings van die voorportaal, die tafels en alles daarop tot by die verhoog, gedoen deur die lede van die Montagu tak, was pragtig. Daar is grootendeels met loof en mandjies gewerk. (Sien fotos 1, 2 en 3).

   

Ons het geskenksakkies vir die konferensiegangers gemaak met herwinde koekmeel, suiker en papmeel sakkies. Die sakkies was tot boordens toe vol met geskenke. (Sien fotos 4 en 6). Standard Bank het ‘n pragtige boek en pen plus oorfone vir elke konferensieganger geskenk.

   

Ons eetgerei was in papiersakkies gemaak van ou plakpapier “sample” boeke. (Sien foto 5).

     

Die plekmatjie was foto’s van Montagu en omgewing wat gedruk was in kleur en gelamineer is. (Sien foto 7.)

Die spyseniering gedoen deur Gizela Uys was uit die boonste rakke. Van die oggend voor die konferensie tot teetyd en middagete het almal gesmul daaraan (Sien fotos 8, 9, 10 en 11).

                       

       

 

 

 

 

 

 

Die sprekers was boeiend en interessant. Ons het geleer hoe lyk vlieëvanger plante (sien foto 12), hoe jy jou klerekas moet beplan en dat jy met ‘n paar items en bykomstighede meer as 57 uitrustings kan optower (sien foto 15). Die gevare van langdurige TV- en selfoonskerm tyd is aan ons uitgewys. Gereelde oogtoetse se belangrikheid is weer onder ons aandag gebring.

 

 

 

Die toekoms van die bankstelsels is aan ons verduidelik. Verder is ons uitgedaag om ‘n ander taal aan te leer en so ‘n brug te bou deur bv. net Hallo, Hoe gaan dit? en Dankie te leer en te gebruik in een van ons ander landstale. Die gebruik van rekenaarprogramme om kuns te skep is vir ons gedemonstreer (Sien foto 13). Verder het ons geleer wat om te doen om ons goedvoel hormone te aktiveer en gelukkig te hou (Sien foto 14).

Daar is tydens ons konferensie 90 bome uitgedeel waaroor al die konferensiegangers baie opgewonde was en ons weet dat hulle almal geplant sal word. Dit sit ons al ‘n stappie nader aan die uitdaging, gerig aan VLVK, deur die DA Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr  Ivan Meyer, om ‘n 1000 bome te plant (Sien foto 16).