Sirkel: Cradock
Konferensie
Beriggewer: Teresa Opperman
Datum: 9 Maart 2023
Sirkel Cradock het die afgelope week (9 Maart) hul jaarlikse konferensie in Somerset-Oos gehou. Kookhuistak het as gasvroue opgetree.
Lede van die vier aktiewe takke in die Sirkel het ywerig aan kompetisies deelgeneem, en Kookhuis VLV tak het as wenners uit die stryd getree met 8 Trofeë.
Sirkelpresident, Isabel Wilken, wat ook ywerig en met groot sukses aan kompetisies deelgeneem het, het haar Presidentsrede gelewer, nadat die hele groep van lokaal verander het na n daglange kragonderbreking algehele stikdonkerte verooorsaak het. Om sake verder te bemoeilik kon die kragopwekkers nie die kraglading hanteer nie.
“Uitdagings moet met buigsaamheid hanteer word. Verandering is makliker as ons dit met ñ oop gemoed aanpak. Wees altyd positief oor verandering, verandering gee ñ nuwe uitdaging en ñ nuwe dimensie aan jou bestaan. Samehorigheid en betrokkenheid is die ruggraat van ons plattelandse VLV-takke. Uitdagings voeg waarde toe tot jou bestaan. VLV lede staan immers saam in tye van uitdagings en veranderings. Leef volgens Sy groot Meesterplan. Bly op jou knieë. Verryk diegene om jou se lewe terwyl jou lewe verryk word. ”
Marina Marais het gesorg vir ñ ligter tussenspel met haar humoristiese vertellings terwyl Veronica Fourie haar uiters insiggewende lagterapie demonstreer het, om konferensiegangers met borrelende energie te vul.
Kookhuis-VLV-tak het puik gevaar in kompetisies en het met 8 trofeë huiswaarts gekeer.
Sirkelpresident Isabel Wilken, lewer haar presidentsrede
“Hand-aan-hand” ruikers na beoordeling
Hofmeyrtak was goed verteenwoordig: vlnr: Seugnet van Niekerk, Coleen Traut, Annerien van der Merwe en Rika Pienaar, met van die trofeë wat die tak verower het.
Leave A Comment