Sirkel: Griekwaland Wes
Sirkel: Griekwastad
Beriggewer: Ruby Kriel
Datum: 8 Maart 2023
VLV Griekwaland-Wes vier hul 90ste herdenking in Groblershoop. Herman Lensing demonstreer die nuwe kinkel op Slaphakskeentjies en die dames kan proe daaraan.
Herman Lensing en Ruby Kriel
Griekwastad tak spog met ‘n splinternuwe vaandel. Die sillouette stel die vroue van VLV voor. Die beeskloutjie (geelbom in skouer) of te wel Lithops optica is uniek aan die area. Die swartpotjie herenig die tak met die VLVK. Tarentale en ysstervarke kom algemeen voor , en word uitgebeeld in die potjie. Kudu’s is volop in die area. Die vaandel word afgerond met ‘n pragtige sonsondergang.
V.L.N.R: Christelle Faisht sameroeper van Landbou en Tuinbou, Linda Jansen sameroeper Gesondheid, Andra Lamprecht sameroeper Openbare Sake, Ruby Kriel takvoorsitter, Lucinda Marks, Martie Maritz sameroeper Kunste en Handvlyt
Koek ter viering van die 90ste Verjaardag
Leave A Comment