Sirkel: Griekwaland-Wes

Konferensie 2023

Beriggewer: Jorietha Kirsten

Datum: 8 Maart 2023

Die dekor vertel die storie van vroue wat aan die VLV behoort oor 90 jaar heen.

Lede van die takke Griekwastad, Niekerkshoop, Olifantshoek en Postmasburg is verwelkom deur die gasvroutak Volop met dekor wat dateer uit die vorige eeu om die 90ste verjaardag van Sirkel Griekwaland-Wes te herdenk.

Die koek in die vorm van ‘n naaimasjien om die 90ste verjaarsdag van die sirkel feestelik te vier.

Gasspreker Herman Lensing kook verskeie geregte en wys kortpad kinkels om ou bekendes tot nuwe smaaklikhede op te tower.

Bekendstelling van wyn uit die omgewing van Oranjerivier Wynkelders is ook op die spyskaart.

Dr Marina Jansen van Rensburg wys op die Uitdaging van Verandering in haar praatjie “Seisoene Vrou” wanneer ons denke moet vernuwe om aan te pas by ons aftredebeplanning.

Herman Lensing (links) saam met mev Machel van Niekerk, Sirkelpresident, en twee voormalige Sirkelpresidente, mev Erika Lubbe, huidige VLVK Argivaris en mev Vonesse Gerber wat ook die konferensie bygewoon het.

Sirkelbestuur vlnr agter: Jorietha Kirsten, sirkelsekretaris, Elzahn Fourie, saamroeper Kunste en Handvlyt, Doreen van der Westhuizen, addisionele lid, Saretha Pieterse, saamroeper Gesondheid, Lientjie Maritz, saamroeper Landbou en Tuinbou, Andra Lambrecht, saamroeper Openbare Sake, Amanda Duvenhage, sirkeltesourier, Anne Loots, addisionele lid en Nicolene Jacobs, sekretaris van Voloptak.  Vlnr voor: Ilze Coetzee, saamroeper Opvoeding en Kultuur, Machel van Niekerk, Sirkelpresident, Herman Lensing en Ruby Kriel, vise-president

Lede van Olifantshoektak wat die trofee ontvang het vir die tak wat die meeste punte behaal het.

Martie Thiart, (links) van die tak op Postmasburg, ontvang die trofee vir Sterlid by Machel van Niekerk.

Kompetisie artikels op uitstalling is van uitstaande gehalte.