Sirkel: SWD

Tak: Oudtshoorn

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Isabella Jansen vN

Fotograaf: Valeria Terblanche en Lorraine Maritz

Datum: 7 Maart 2023

Die VLV-tak Oudtshoorn het tydens die pas afgelope byeenkoms die VLVK-tema vir 2023, nl. “Die uitdaging van verandering” ter harte geneem, ook die twee gassprekers se praatjies het daarby aangesluit.

Nadat die dieetkundige, Ricolette du Preez, goeie raad aan ons gegee het hoe om reg, gereeld en genoeg te eet, was Karien Visser (fisioterapeut) aan die beurt. Die lede het entoesiasties aan die strekoefeninge deelgeneem wat Karien Visser (fisioterapeut) aan ons demonstreer het. Ons sien daarna uit om hierdie veranderinge in ons leefstyl toe te pas.

Die lede wat die konferensie bygewoon het, het ook aan ons terugvoer m.b.t. die VLVK-kompetisie-items (2023) gegee.

Valeria Terblanche het ‘n wisseltrofee en die eerste plek met haar borduurwerk, Sorbello-werk, verwerf. Petro Doman het ‘n wisseltrofee en die eerste plek met die huisies wat sy geverf het, verower  en ‘n tweede plek met die papier mâché (gesig-) planthouer. Petro se ander twee inskrywings, vir puntverfkuns en papierjuwele het elk meer as 70% tydens die kompetisie verwerf. Ann Avenant (70% +), Rolina Lerm (70%+) en Alet Badenhorst het skilderye ingeskryf en baie goed in die kompetisie gevaar.

Die byeenkoms is afgesluit met die gebruiklike heerlike versnaperinge.

Die lede doen strekoefeninge

Valeria Terblanche

 Petro Doman

   

Ann Avenant met haar eie en Rolin Lerm se skilderye                                   Alet Badenhorst