Sirkel: SWD

Konferensie

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum: 1 Maart 2023

Die 89ste Konferensie Sirkel SWD van  is met groot sukses op 1 Maart 2023 te George gehou. Dié dag is een van die jaarlikse hoogtepunte vir lede regoor die SWD-streek. George- en Blanco takke het die dag gesamentlik georganiseer.

Sanette Louw, Voorsitter van die George-tak, het vooraf die konferensiegangers welkom geheet, waarna afgevaardigdes en gaste deur Elize Locke, SWD Sirkelpresident tot orde geroep is. Behalwe tak-afgevaardigdes en -dagbesoekers, is die Konferensie ook ondersteun deur die VLVK-president, Estelle du Plessis en eggenoot, Christo; Marie Louw – oud-sirkelpresident van Tygerberg en Vonesse Gerber – oud-sirkelpresident van Griekwaland-Wes; oud-sirkelbestuurslede: Johlene Muller – Voëlvlei, Mona van Vuuren – Blanco, Anita Fourie – Diepkloof,  Luelza Barnard – Diepkloof en Rita Burger – Hartenbos.

Elize Locke het ‘n uitstaande presidentsrede gelewer en die  VLVK-president, Estelle du Plessis, het ‘n besonderse motiverings-aanbieding gedoen. ‘n Vredeskers is tydens hierdie geleentheid deur Marie Louw –van George, aangesteek. Dié kers simboliseer ons verbintenis met vroue oor die hele wêreld.

Meriete toekennings vir 2022 se VLVK-kongres wenners

Leefstyl (borduurwerk): Johlene Muller eerste plek, asook mees uitstaande artikel in Leefstyl

Masjienwerk: Sandra Nolte – 3de

Hekelwerk: Elize Locke – 5de; Trienie Barnard – 6de

Weefwerk: Retha Nagel – 4de

Kunste en Handvlyt (Skildery): Tina Erasmus – 3de, asook die mees uitstaande artikel vir Kunste

Die mees uitstaande Kunste en Handvlyt-artikel op die SWD konferensie is, vir haar woordkuns, aan Ada Gericke – Voëlvlei, toegeken.

Die hoogtepunt van so ‘n konferensie is altyd die oorhandiging van die spesiale toekennings wat deur die Sirkelpresident toegeken word.  Die “Simply the best” trofee vir die beste tak in die sirkel is aan Klein-Brakrivier toegeken en die Uitblinker trofee vir die uitblinker tak en die Johlene Muller-skild vir die hoogste persentasie in lede styging, is albei aan Calitzdorp oorhandig.

Na afloop van hierdie 89ste Sirkel SWD Konferensie, word daar reggemaak vir die jaarlikse Kongres in Augustus, wat hierdie jaar in Hartenbos deur die Voëlvlei tak aangebied sal word.

Op die groepfoto is die SWD Sirkelbestuur

Van links na regs agter, staande: Valeria Terblanche – Opvoeding & Kultuur, Sameroeper, Carol Scott – Tesourier, Helene Swanepoel – Gesondheid Sameroeper, Sanette Louw – Openbare Sake Sameroeper, Trienie Barnard – Kunste & Handvlyt Sameroeper & Sandra Nolte – Sekretaris

Sittend, voor van links na regs: Christene Coetzee – Vise-voorsitter & Leefstyl Sameroeper, Elize Locke – President & Lydie Terblanche – Landbou- & Tuinbou Sameroeper.

Van links na regs: VLVK-president – Estelle du Plessis, SWD-president – Elize Locke & SWD sekretaris – Sandra Nolte.

Presidentsrede

It has been said that in a contest between a river and a rock, the river always wins. Why? Because the river is willing to follow the natural call of gravity, going over, under, around or, eventually, through the rock, to its destiny which is to ultimately merge with the ocean.

Ja, dit is die deurlopende veranderinge in die rivier wat die water uiteindelik by die eindpunt bring. Vanjaar is ons tema Die uitdaging van Verandering want net soos wat die rivier deurlopend verander, verander en ontwikkel ons ook.

Elke nuwe jaar begin gewoonlik met besluite om ons eet-, oefen- en ander leefstylwyses te verander. Dit is goeie veranderings. Terselfdertyd kan daar egter veranderinge plaasvind in jou werk of in ons organisasie wat ons minder verwelkom.  Dit is ‘n paradoks waarmee elkeen van ons al te doen gekry het.  Wanneer ons pro-aktief verandering verwelkom, sal ons gelukkiger wees in onsself.

Do you see change as a friend or an enemy?  The answer will depend on the type of change.

Wie onthou nog die formele takvergaderings waar die dames met handskoene, hoede en sykouse opgedaag het? Formele aanspreekvorms en prosedures het verdwyn en plek gemaak vir ontspanne byeenkomste.  By party takke is dit informele kuiers, en by ander word ‘n agenda gevolg.  Maak nie saak watter tipe vergadering jul tak hou nie, die belangrikste is dat ons elke keer iets nuuts sal leer of nuwe vaardighede sal probeer baasraak.  ‘n Lid wat bereid is om te verander is iemand wat omgee, iemand wat kan lag (al is dit vir haar eie foute), iemand wat betrokke raak by die mense rondom haar.

Ek wil graag ‘n kareeboom voorhou as ‘n simbool om ons organisasie uit te beeld.  Sy gee vir ons ‘n beleidsboek wat al die riglyne van ons organisasie bevat en wat gereeld gewysig word om by veranderinge aan te pas.

Die kareeboom het ‘n nie-indringende wortelstelsel – kom ons sien haar wortelstelsel as ons ses studierigtings.

Landbou en Tuinbou – Ons lede het verlede jaar by landbouers geleer van diatome, slakboerdery en die verbouiing van kiwivrugte in die Suid-Kaap.  Ladies visited a butterfly sanctuary in Brandwag.

Opvoeding en Kultuur – Uitstappies na die tolhuis in die Montaque-pas was gewild, maar so ook na die Fluisterboom, ‘n kampioenboom in ‘n tuin in Albertinia.  Dames het tydens vergaderings FAK-liedjies gesing en hul kosbare erfenisskatte met takvriendinne gedeel.  Hul het geleer oor die ontstaan van hul dorpe en takke.  Hul het geluister, gekyk en daarna “Die Naaimasjien”, vertolk deur Sandra Prinsloo bespreek.  Kerke se terreine word skoongemaak en verfraai.

Gesondheid – ‘n Fisioterapeut vertel en demonstreer aan dames hoe om reg op te staan wanneer jy jou jis af val.  Mental-tapping, dubbele longoorplanting, propolis, “burnsheild”, boobies is onderwerpe of produkte wat bespreek is.  Takke ondersteun sopkombuise en organisasies soos KANSA.

Leefstyl – Mosaïc crochet was a challenge and the workshops held were very popular. Some members got to know about a cloth called biddim which is a 100% bio-degradable and stitchbond made of recycled materials, veganism and how to decorate “Zoo-biscuits”.

Kunste en Handvlyt – Dit bring groter vreugde om saam aan projekte te werk as om alleen te sit en youtube, pinterest en Google. Werkswinkels soos puntverf en papierkrale was gewild en baie pret.

Openbare Sake – Lede was op ‘n visuele blommetoer met ‘n boswa en het ook dmv ‘n skyfievertoning saam op die Journey of Hope vanaf Uniondale na Mosselbaai gestap.

Hierdie inligting kom alles uit julle takke se verslae.  Wel gedaan.

Ek wil ook hier dan weer verwys na verandering.  Verandering wat oor die jare reeds plaasgevind het, soos posspaarbankboekies tot selfoonbankdienste.  Een kort lui en twee langes na selfone.  Ons Voorsitters en takbestuurslede word uitgedaag om hul verslagvorms af te laai op die rekenaar, dit in te vul en te e-pos na sirkelbestuur.  ‘n Uitdaging vir sommige?  Beslis.  Ons wend daardeur ‘n daadwerklike poging aan om papier te bespaar.

Dit lei ons weer na die ou kareeboom en die VLVK se huidige projek, nl. Bome vir ons Kinders.  Hoekom wil ons minder papier gebruik?

Wie kan raai hoeveel velle A4-papier tydens die ZONDO kommissie se ondersoek na staatskaping gebruik is?

8 655 530 – agt miljoen, seshonderd vyf en vyftigduisend vyfhonderd en dertig.  Ek het beter gedoen as ons vorige staatspresident.

How many pieces of paper in a tree? The real scientific answer can be a little tricky to figure out without specifics, since the type and size of tree, as well as the moisture content can impact how many pieces of paper you get from one tree. Let us give it a go.  A tree that is 3 meters tall, with a circumference of 13 cm will give you about 15 000 sheets of paper that equals to 30 reems or 6 boxes of A4 paper.

8 655 530 – Eight million six hundred and fifty five thousand five hundred and thirty divided by 15 000 is equivalent to 577 – five hundred and seventy seven trees or 3 462 three thousand four hundred and sixty two boxes of paper.   I would like to encourage you to use less paper in the administration duties of your branch.

Ek wil namens VLV-SWD vir Jan Odendaal van Groen vir Lewe/Green for Life, bedank vir 15 bome wat hul geskenk het. Een boom vir elke tak.  Gaan plant haar in jul gemeenskap, voed haar en gee haar water.