Sirkel: NOK

Tak:     Dordrecht

Studierigting: Opvoeding & Kultuur

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 28 Februarie 2023

Antoinette van Pletzen het ‘n paar voorbeelde van Taalvasvrae gedoen; Vrae oor VLVK & die Landswapen; en 8 Algemene Kennis-vrae. Het jy bv geweet dat die Niagara-valle in Noord-Amerika voordurend agteruit beweeg? Dat ‘n Aarbei se sade buitekant die vrug sit? Hoe die regte peer binne-in die bottel gekom het waarin Peerbrandewyn verkoop word?

Ook 10 Dinge om aan die begin van elke maand te doen om meer georganiseerd te wees, bv. Maak jou beursie, handsak, & yskas skoon; Organiseer jou foonfoto’s, Maak afsprake met familie & vriende; Koop verjaardaggeskenke; Stel jou begroting op; en Kies ‘n boek om te lees.  Antoinette het aan elkeen ‘n houertjie met badsout uitgedeel as pryse, asook paaseiers aan die kinders!

Daarna het Antoinette vertel van Afrika tradisies, bv voorvadergeeste, sangomas, medisynemanne en toordokters. Ook 7 verstommende Afrika tradisies: Niger se “Courtship Dance”; Ethiopië se prop in die onderlip, en “Bull jumping”; Namibië se rooi oker; Kenia se hoogspring en spoeg-seën; die San se “Healing Dance” en die Ndebele se Trou-seremonie. Ten slotte het Anna van Niekerk vertel van haar destydse besoek aan Lapland.

Finale voorbereidings vir NOK se 91ste Konferensie is ook afgehandel.

   

Voorbeelde van die kompetisies wat by Konferensie beoordeel sou word: Vir Tuinbou: ‘n Gebreekte pot waarin ‘n tuintjie geplant is. Vir Herwinning: ‘n Voetstoel gemaak van ‘n ou buiteband en tou.

 

 

 

Anna van Niekerk vertel met geesdrif van haar besoek aan Lapland, in die noorde van Finland, Swede, Noorweë en Rusland.