Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Nasionale Melktertdag

Datum: 27 Februarie 2023

Beriggewer: Hermien Van Zyl

VLV-Kleinmond laat reeds die afgelope 7 jaar nié Nasionale Melktertdag op 27 Februarie verby gaan sonder om van die besighede en diensorganisasies te bederf met heerlike melktert  nie.Vanjaar was geen uitsondering nie, en van vroeg af is melkterte afgelewer by die apteek, die kliniek, die veearts, die verkeersafdeling, biblioteek, streekskoerant, paneelkloppers, die garage, die bankpersoneel en die boekhouers. Kleinmond VLV het met elkeen van hulle ‘n verbintenis, of hoop om aan hulle goeie kant te bly!

 Elizette Bosman (middel), saamroeper het namens Openbare Sake vir die Verkeersafdeling gesorg.

Marianne de Wet (2de van regs) saamroeper Opvoeding&Kultuur,  het by die biblioteek afgelewer.

 

 

 

Foto’s 3 & 4: Mercia du Toit (links) saamroeper Gesondheid, het saam met Lisbé Badenhorst melkterte gaan aflewer by die apteek en die veearts.

 

 

 

Foto’s 5, 6 & 7: Alice van Rooyen, die tak se beriggewer, het heel eerste gesorg vir Gerard Grobler, redakteur van die Overstrand Herald, waarná sy saam met Sysie du Toit, saamroeper vir Leefstyl, melkterte en bakkies met melkpap, afgelewer het by Gys Boonzaaier van die garage en die paneelkloppers.

 Alice van Rooyen(links) en Sysie du Toit (regs) saam met Trix Buckle, die boekhouer.