Sirkel: Noord Karoo
Tak: Petrusville
Studierigting: Gesondheid en Kunste & Handvlyt
Datum: 21 Februarie 2023
Gesondheid: Fisiese welstand
Abigail Landman, van “Wellness with Abi,” op Vanderkloof spreek die vergadering toe oor die verskillende prosesse om fisiese welstand te handhaaf. Al die metodes beoog om mens se liggaam te ontgif (“detox”), spanning en stres te verlig, bloedsirkulasie, spysvertering en slaaploosheid te verbeter en die immuunstelsel ‘n hupstoot te gee. Die prosesse wat toegepas kan word, is ontgifting, mineralisasie terapie, refleksologie, aromaterapie, osoonbehandeling en inversie terapie. Saam met hierdie prosesse is ‘n gesonde dieet met baie vars vrugte en groente, asook genoeg water en gereelde oefening, essensieel.
Abigail Landman “ontgif” ons saamroeper van Gesondheid, Frances Heroldt.
Demonstrasie: Kunste en Handvlyt: Maak van papierblomme
Sameroeper van Handvlyt, Sunè Coetzee, demonstreer hoe om papierblomme te maak.
Leave A Comment