Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 21 Februarie 2023
Marisa le Roux, een van ons taklede se dogter, was die spreker by hierdie geleentheid. Sy is ‘n onderwyseres en het vir baie jare in Oman skoolgehou. Gedurende die Covid-pandemie was sy in haar woonstel, met ‘n piepklein balkonnetjie, ingeperk. Na baie navorsing het sy slim begin tuinmaak. Tamaties is ‘n baie maklike produk om te kweek. Droog jou eie saadjies en dit is ook raadsaam om ander gewasse saam met dit te plant. Bosilliekruid gee aan die tamaties ‘n beter smaak. Kappertjies lok die peste en vrywaar die ander gewasse daarteen. Gousblomme verjaag weer die peste. Sy herinner ons weer daaraan om nie groenteskille weg te gooi nie. Sommiges kan jy droog en verpoeier en as geurmiddel in disse gebruik.
Marisa le Roux, die spreker. Sy het ook vir ons gewys hoe om ‘n vinnige macrame, om potjies op te hang indien jou spasie beperk is, te knoop
Feesia Marais, wat op ‘n appelplaas grootgeword het, het vir ons meer van appels vertel. Hier is ‘n Kanzi, Bingo en Royal Gold.
Leave A Comment