Sirkel: Noord Karoo
Tak: Petrusville
Studierigting: Landbou en Tuinbou, Kuns en Handvlyt, Leefstyl
Datum: 14 Februarie 2023
Uitstappie na Phillipstown.
Petrusville-tak het op 14 Februarie ‘n baie interessante uitstappie na die Karoodorpie,Phillipstown, onderneem. Geneco, van dr. Frans Jooste, is internasionaal bekend vir laproskopiese inseminasie op kleinvee.
Dr. Jooste se vrou, Willemien, praat oor haar unieke ondervinding toe sy in 2021 die wêreldbekende Mongoliese Derby perde-uithourit gewen het in Mongolië.
Daarna wys Lynette van der Merwe van Pramberg Quilting ons haar kwiltwerk en na ‘n heerlike middagete by “Die Naaldekoker”, vertel Kay Fourie (beeldhouer) van haar lino-drukwerkkuns. Marieta du Plessis demonstreer en vertoon haar handgemaakte leerwerk. Ons besoek ook die skilder, Ignatius Marx, en besigtig sy skilderkuns.
Dr. Hendrè van Zyl (veearts Geneco)
Lynette van der Merwe van Pramberg Quilting
Leave A Comment